Skip to content

Uit vervloë dae

September 6, 2012

Lank voor die bekende Ford Escort en nog baie langer voor die hedendaagse Ford Focus, was daar die Ford Anglia.

Ek onthou as klein seuntjie, was my broer se eerste motor ‘n spierwit Anglia. Ons was omtrent opgewonde oor die motortjie en ek het myself grootoog vergaap aan die motor se toendertydse pragtige lyne. En ek sal nooit vergeet hoe ek dit geniet het om saam met my broer in die motor te ry nie. My verbasing en opgewondenheid was dus groot toe ek onlangs afgekom het op hierdie pragtig opgepaste Anglia, hier in Korea, van alle plekke.

P7262287P7262288

Die Anglia was ‘n eksklusief Britse motor wat deur Ford in Brittanje vervaardig is. Miskien met gedagte aan Hitler se Volkswagen-projek, is die motor op patriotiese wyse, Anglia, gedoop toe die eerste modelle uit die fabriek rol, kort na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Dit was egter nie hierdie eerste model wat my broer bestuur het nie, maar wel die laaste modelweergawe wat gedurende 1959 die lig gesien het. Die motortjie het ‘n 1000cc vier silinder enjin gehad wat ‘n topspoed van 118km/h kon bereik en die motor van 0-100km/h kon laat versnel in 27 sekondes. Mens lag nou vir sulke skilpadsyfers, maar vir daardie jare was dit nie so sleg nie. Die motor het nuut verkoop vir 610 Britse Pond. Ek skat daardie jare was dit min of meer gelyk aan so R700, maar ek is nie seker nie. Die Anglia was bekend as ‘n baie betroubare motor en het ook redelike sukses in motorsport gehad. Tussen 1939 en 1967 is een en ‘n halfmiljoen Anglia motors vervaardig, waarna dit deur die Ford Escort vervang is.

P7262286

Ek het soveel respek vir mense wat daarin kan slaag om ou motors so mooi op te pas. Want ook in die motorwêreld, verdien die bejaardes al die respek wat hulle toekom.

21 Kommentaar leave one →
  1. September 6, 2012 7:05 nm

    Wat ‘n pragtige Anglia! Ja nee, beslis het ek ook respek vir iemand wat iets so mooi oppas. Op my weskus-dorp was daar so wit Anglia. Ek het altyd gesê : ek gaan ook eendag so kar hê. Dit het soveel karakter! Daardie regop ruitjie aan die agterkant is my einde!

    • September 7, 2012 5:27 nm

      Karakter, seg jy. Ja, karakter beslis. Snaaks dat dit veral iets is wat eers so met die ouderdom kom.

      • September 8, 2012 12:01 vm

        Tog kry die nuwe generasie voertuie wat oudword die karakter-ding net nie onder die knieg nie. Ek dink steeds ek is in verkeerde era die lewe ingeroep 🙂

  2. September 6, 2012 7:48 nm

    Voel nou sommer skaam…in my prille jeug ‘n kêrel gehad met so ‘n Anglia, van sy Pa, nee jong ek het my mos vrek geskaam vir sy kar….jimmel die verwaandheid van die jeug!!

    • September 7, 2012 5:28 nm

      Ekke dog vir ‘n oomblik jy gaan nou ‘n ander storie vertel oor daardie Anglia…😉

      • September 7, 2012 5:37 nm

        Ek kan sy enjinkie se klank onthou! Ek het so laag in die sitplek gesit – skaam ( jimmel ek skaam my sommer vir my verwaandheid!)

      • September 7, 2012 5:38 nm

        Ek kan sy enjinkie se klank onthou! Ek het so laag in die sitplek gesit – skaam ( jimmel ek skaam my sommer vir my verwaandheid!)
        Nooit sou ek enigsins soenerig geraak het nie !! So klein windgat was ek …..Ha Ha maar dankbaar het nederigheid ingeskop iewers op die pad…

      • September 7, 2012 9:56 nm

        😆

  3. brieweuitdievreemde permalink
    September 7, 2012 12:34 vm

    Haai jinne – dis regtig nogal ‘n vonds! Sover ek kan onthou, is karre mos ‘n statussimbool in Korea – groter,beter, blinker. Die persoon aan wie die kar behoort moet seker nogal ongewoon wees, indien dit ‘n Koreaan is?

  4. September 7, 2012 5:30 nm

    Ja, ek dink egter die motor is ‘n baie groter statussimbool in SA. Hierdie spesifieke karretjie het voor ‘n plek gestaan wat troues reel, so ek het ‘n spesmaas dit word as troumotor gebruik.

    • brieweuitdievreemde permalink
      September 8, 2012 2:30 vm

      Ja, jy is seker reg. Ek moes bygevoeg het: oral in die wereld, nie net in Korea nie. Dis in elk geval amazing dat jy die klein karretjie opgespoor het. My ma, wat in Windhoek grootgeword het, het altyd stories te vertel gehad oor hulle (haar pa se) Anglia.

      Die eerste kar wat ek egter onthou is ‘n VW Beetle met die naam ‘Koloi’ -wat beteken ‘kar’ op Sesotho. Jinne ek het toe ek klein was soveel drome (nagmerries) gehad oor Koloi wat in die see gestoot word deur beeste, maar dis seker ‘n ander dag se storie🙂

  5. September 7, 2012 7:33 nm

    Eendag as ek groot is…het nog altyd gese ek wil ‘n Anglia EN ‘n Morris he…baie lief vir ou karre

  6. September 7, 2012 9:56 nm

    ‘n Hegte vriend van my het so ‘n Anglia (in dieselfde kleur as ek dit nie mis het nie) in ‘n stoor op sy plaas gehad. Die hoenders het saans op die motor se dak gaan slaap. Hy het spottingsgewys gesê dat die Anglia is die enigste kar watse agterruit nooit voëlmis op sal hê nie!

  7. September 8, 2012 6:52 nm

    Ek is net so lief vir ou motors, enige iets wat oud is – as ek die geld en ruimte gehad het, en tyd, sou ek ‘n regte versamelaar-van-all-oudhede geword het. Ek het nou onlangs weer ‘n stokou Morris afgeneem. Ek hou meer van die ou karre wat karakter het as die ou sportmodelle wat soms ‘nuut’ lyk. Ek was 5 toe ons plaas toe getrek het en onthou ‘n ou rooi Chev – ons het later – toe ek so 9-10 was, in die ou Chev gespeel en ‘gery’ en die kat het ook haar kleintjies in die Chev gekry! Ek wens ek kon weet wat my ma met die ou Chev gedoen het! Hierdie agterkant-stert van die Ford laat my so effe herinner aan die Chev se agterkant.

  8. September 8, 2012 7:24 nm

    Nou dat jy so van die katte in die kar praat: Ek dink ‘n oulike t-hemp konsep sal wees: Made in a Anglia!😆

  9. September 10, 2012 2:29 vm

    Ek is mal oor hulle! In die 1970’s was daar op Upington motorwedrenne op ‘n grondbaan, die ou wat altyd gewen het, het ‘n Anglia gery. Ai, nou het Skryfblok klaar gesê van die agterruit! Solank die voëltjie nie binne-in die kar kom nie.

  10. September 10, 2012 10:26 nm

    Die Anglia was ‘n cool-looking kar gewees.

  11. September 27, 2012 7:23 nm

    Mooi-mooi!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: