Skip to content

Meer oor myself

September 18, 2012

Reinhardt van Deur My Lens en Dalene van Briewe uit die Vreemde het my versoek om sewe interessanthede oor myself te deel wat mense nie weet nie. Nou-ja, ek blog al ‘n paar jaar en vir diegene wat my blog volg, is daar seker nie veel nuuts wat ek van myself kan deel nie. ‘n Klompie jaar terug was daar ‘n soortgelyke versoek waarin ek ook meer van myself vertel het. Dus moes ek nou mooi dink om iets nuuts en interessants te deel. So hier dan my probeerslag:

Ek is die jongste van nege kinders. Ek het een broer en ses susters. My ander suster is 14 jaar terug oorlede.

Ek is ‘n laatlammetjie. My oudste suster is 25 jaar ouer as ek. Sy het getrou voor ek gebore is en haar oudste seun is ‘n jaar jonger as ek. Om die waarheid te sê my Ma was swanger met my op haar troue!

Ek het sonder ‘n Pa groot geword. My Pa is oorlede toe ek 9 jaar oud was. Een keer het iemand vir my gesê sy kan sien ek het sonder ‘n Pa groot geword. Tot op hede is dit die grootste belediging wat ek nog ooit ontvang het.

Om fiks te bly en te sorg dat my kop my nie verlaat in hierdie malle wêreld nie, doen ek Muay Thai (Thaise skopboks) en draf af en toe ‘n 10km padwedloop.

Ek hou nie juis van vrugte nie, maar eet piesang. As ek piesang eet, gooi ek sout op. Mense het al vir my gesê hulle vind dit vreemd.

Ek hou nie van ‘n vol beker koffie nie. My beker moet altyd slegs driekwart gevul wees. Ek het al te veel koffie in my lewe gestort.

Ek het ses jaar laas ‘n motor besit.

19 Kommentaar leave one →
  1. September 18, 2012 9:55 nm

    As lemoen en sout werk kan ek nie insien hoekom piesang en sout nie gaan werk nie. Ek gaan bietjie probeer.🙂

    Ek is met jou op die grootste belediging ooit.

    Alles was vir my nuut en interessant!

  2. September 18, 2012 11:41 nm

    6 jaar laas ‘n motor besit? Ek’s seker jy mis niks en spaar ‘n klomp petrol geld.

    • September 20, 2012 7:32 nm

      Net so! Dis lekker as die openbare vervoer so goed is dat jy maklik oor die weg kan kom sonder ‘n motor. Maar as mens egter ‘n gesin het, is dit ‘n ander storie!

  3. September 19, 2012 12:26 vm

    Ek mors ook! Dus moet my koppie ook nie te vol wees nie. En sout op piesang klink goed. Ek eet sout op spanspek.

  4. September 19, 2012 8:22 vm

    Jy het op 9 jou pa verloor, interessant. Ek was ook 9 toe my pa oorlede is. Ek los weer altyd ‘n bietjie koffie/tee in my beker oor, die beker kan maar biejtie vol wees, maar jy sal altyd [soos in altyd] ‘n bietjie in myne kry. Sout op piesang, dit is weird. Het jy al piesang en melk geeet? smaaklik lekker! Waar die vervoerdienste goed/doeltreffend is, is ‘n kar nie nodig nie, maar 6 jaar terug! sjoe…🙂

  5. September 19, 2012 9:22 vm

    Dankie Boer, ek is bly ek kon darem so bietjie druk op jou plaas! Baie interessante feite. Ons het nogal baie in gemeen, behalwe dat ek van vrugte hou (sonder sout), van vol bekers koffie hou, nie ‘n laatlam is nie,…o wag, ons het eintlik niks in gemeen nie🙂 Behalwe dat ons van blog hou, so dis genoeg. Mooi dag vir jou daar in die vreemde.

  6. September 19, 2012 5:34 nm

    Hierdie een was nou wraggies interessant !! Dankie.

  7. September 19, 2012 9:49 nm

    Ek het niks gelees wat ek reeds geweet het nie, so dit was definitief interessant🙂 Ek hou ook nie van vol bekers koffie nie om die eenvoudige rede dat ek nie van baie koffie op ‘n slag hou nie, en mens nie klein genoeg koffiebekers te koop kry nie

  8. brieweuitdievreemde permalink
    September 20, 2012 1:42 vm

    :)) Ek maak nooit vir ander mense koffie nie. Ek probeer alles so goed as moontlik gereed kry – koffie / melk / suiker / bekers / kookwater en ander toebehore en verduidelik dan dis nie omdat ek nie WIL nie, dis omdat ek net deur die jare baie goed geleer het elkeen het absoluut sy eie manier van koffie (en seker tee ook) maak. My beker moet ook nie vol wees nie, maar dit moet ‘n groot beker wees – en baie sterk koffie. En net ‘n bietjie melk. En net ek weet hoe om dit reg te doen🙂

    • September 20, 2012 7:39 nm

      Dankie vir die waarskuwing! Nou weet ek dat ek maar self moet koffie maak as ek vir jou kom kuier!😉

      • brieweuitdievreemde permalink
        September 20, 2012 8:10 nm

        Maar ek sal darem alles op ‘n skinkbord regkry🙂 Even by ‘n tafel ook. Met ‘n stoel🙂

  9. September 23, 2012 3:57 vm

    Dankie, nou weet ek 100% meer van jou as wat ek voorheen geweet het🙂 Maar nog vrae:

    Drink jy tee?
    Drink jy so af en toe ‘n whiskytjie?
    Wat dink jy van ‘n kort string wit perels by ‘n swart rok? Dink jy bv dis elegant?
    Hou jy van Kaapstad?
    Hoe voel jy oor woorde wat met ‘self’ begin? (Hulle maak my bang)

    Lekker naweek verder 🙂

    • September 23, 2012 8:03 nm

      Ek drink baie gemmertee.
      Ek hou van ‘n goeie whisky.
      ‘n Kort string perels by ‘n swart rok? Dit hang af hoe mooi die nek is waarom die perels kom.
      Ek is baie lief vir Kaapstad
      Ek het geen probleem met woorde wat “self” begin nie.

      Nou kan jy maar nog vrae vra.🙂

      • September 24, 2012 4:56 vm

        Ek is vir eers klaar (moet nou nog eers gaan uitdink)🙂 Dankie vir jou antwoorde; hulle is almal reg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: