Skip to content

Somer op die strand

September 21, 2012

As jy al ooit gewonder het hoe lyk Koreaanse strande in die middel van die somer…hier is jou antwoord: Die gewildste strand in Korea op ‘n Saterdagoggend:

P8192861P8192860

P8192862

P8192866P8192867

Geen plekkie hier om raakrugby, strandvlugbal of strandspane te speel nie. Slegs rye en rye sambrele en ‘n klein spasie vir die kinders om ‘n sandkasteel of twee te bou. Dus dryf jy op die geel binnebande rond en gaan lê daarna maar weer onder die sambreel.

P8192869

P8192864P8192870

En die lewensredders bespied deurgaans die waters met arendsoog en blaas sommer gou die fluitjie as enigiemand dit waag om verder as die boeie te swem.

P8192871

Ek is lief vir die strande van Busan, maar nie in die somer nie…dan eerder maar in die winter.

Advertisements
25 Kommentaar leave one →
  1. September 21, 2012 7:49 nm

    Woorde ontbreek my maar ek vergaap my waarlik aan die presiesheid waarmee die sambrele in rye staan. ‘n OCD-mens se droom!

  2. Sorina permalink
    September 21, 2012 8:26 nm

    Wow! dis die eerste wat my ook opgeval het. Kyk net hoe skoon is dit!!
    Wat sal ons nie doen vir so ‘n gesig in ons geliefde Suid-Afrika nie!!

  3. September 21, 2012 9:02 nm

    Ek sien daarna uit om Busan weer ‘n probeer te gaan gee eendag.

  4. brieweuitdievreemde permalink
    September 22, 2012 1:18 vm

    Was vroeer vanjaar op ‘n Karribiese eiland – soos die meeste dinge in my lewe: toevallig – en dis dieselfde atmosfeer van ‘control’ daar tussen die vetgesmeerde toeriste-lywe, al is die strande nou nie heeltemal so volgepak nie. Die ‘control’ ding op ‘n strand is nie vir my nie, dink ek. Nie in die Ooste nie, nie in die Weste nie (en ook nie in ZA nie). Good luck Boer 🙂

    • September 22, 2012 6:31 nm

      Moet lekker wees om so “toevallig” op ‘n Karibiese eiland te lande te kom! :mrgreen: Vertel my hoe doen mens dit? Laat my nou dink aand daardie uitstekende ou fliek met William Hurt in die hoofrol, “The accidental tourist”. Regtig die moeite werd om te kyk.

      • brieweuitdievreemde permalink
        September 22, 2012 8:15 nm

        Ek kan nie vertel hoe doen mens dit nie – niemand sal my glo nie 🙂 As dit jou enigsins laat beter voel: ek het ‘n misrable tyd daar gehad, not my cup of tea at all. Ek hou van le in die son en van strande en so aan, maar daardie gedeelte van die wereld wil ek regtig nooit weer sien nie. Ek gaan nog blog oor my experiences daar… (klink soos ‘n dreigement 🙂 )

      • September 23, 2012 8:05 nm

        Skryf! Ek sien uit na jou vertelling.

  5. September 23, 2012 3:41 vm

    Glimlag ek nou vir die OCD comment. Dis opvallend en gerusstellend, die rye sambrele 🙂

  6. September 23, 2012 6:39 nm

    Nee sjoe, gee my eerder ‘n verlate strand in RSA!

  7. September 24, 2012 11:45 nm

    So dis waar organiseerde chaos vandaan kom. Ek lief die see maar nie so baie dat ek Busan se strande sal aandurf nie.

  8. September 25, 2012 5:09 nm

    Dis beide interessant en ietwat komies.

  9. September 26, 2012 2:16 nm

    Het hulle golwe in daai see, Boer? Dit lyk so plat soos `n dam.

  10. September 27, 2012 7:25 nm

    Nee, nee, nee! Dan gaan klim ek liewers tuis in die bad. Ek sweer daar is meer plek…

  11. September 29, 2012 3:20 nm

    In italië het ek ook die rye sonsambrele gesien.

  12. kyker permalink
    September 29, 2012 4:10 nm

    Ek wonder nou: Is dit vir die Koreane ‘n vorm van ontspanning om ordelik en opgelyn te wees? Sou hulle die konsep van ‘Om jou hare te laat sak’ verstaan?

    Ek het baie ruimte om my nodig. Ek sal dit nie daar kan uithou nie.

    • Oktober 3, 2012 8:33 nm

      Hierdie is ‘n oorbevolkte land. Die sambrele word sommer vooraf so opgeslaan dat die maksimum moontlike aantal mense darem ‘n skaduplekkie kry. Jy betaal die ekwivalent van omtrent R70 vir die dag en die gebruik van die sambreel. Is maar nou een ding wat nie so lekker is van die Ooste nie – jy is nerens net nooit alleen nie.

  13. Kameel permalink
    Oktober 8, 2012 5:12 nm

    Dit is die presieste strand wat ek in my lewe ooit gesien het. Verwag enige oomblik mense in baaikostuums om in gelid hul verskeining te maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: