Skip to content

Koreaanse Treffers X

September 28, 2012

Dit sal op hierdie hierdie stadium seker baie sin maak  om te skryf oor die Koreaanse liedjie en musiekvideo (genaamd Gangnam Style) wat die wêreld die afgelope tyd gestormloop en verower het. Maar omdat ek aanneem dat meeste mense dit reeds gehoor of gesien het (in ‘n bietjie meer as twee maande is die video reeds 300 miljoen keer op YouTube gekyk), plaas ek ‘n ander video waarvan ek op die oomblik baie hou.

 

Die groep is T-ara (uitgespreek “Tiara“) en dit is een van die gewildste meisiegroepe in Korea (asook in Japan, waar hulle groot sukses behaal het). Hulle het drie jaar terug hulle debuut gemaak en hulle was van meet af uiters gewild. Ek weet dit val in die genre van tipiese spookasem K-Pop, maar daar is iets aan die video wat my oor en oor daarna laat kyk en luister. Ek hou regtig van die popspeel-danspassies en die wysie is baie aansteeklik. Dit is ‘n lekker, lewendige manier om die langnaweek hier ter plaatse mee in te wy

Advertisements
6 Kommentaar leave one →
  1. brieweuitdievreemde permalink
    September 28, 2012 10:36 nm

    Hi Boer, kon nie nou die video kyk agv elektrisiteitsprobleme – sal more. Sal sommer ook Gangnam-style kyk – dit het bietjie by my verbygegaan…:)
    Onthou jy die Brown-Eyed Girls met ‘Abracadabra’ in 2010, dink ek. Is hulle nog op die scene? En daar was ene Psi, as ek reg kan onthou, met ‘Right Now’…
    Die ‘spookasem’ musiek cheer mens soms nogal op en ek het altyd baie lekker ge-gym op al die K-Pop!

  2. September 28, 2012 10:54 nm

    Eskom. 😆 Dis nou juis die einste PSY wat met Gangnam Style skielik die hele wereld aan die brand het!

  3. brieweuitdievreemde permalink
    September 30, 2012 6:04 nm

    Eskom… en Telkom 😦 Dit vat omtrent 15 minute net om een video te load…. ek MIS die internet in Korea 😦
    (Geen wonder ‘n mens weet nie wat in die res van die wereld aangaan nie, as die internet-seine oor die Atlantiese Oseaan geLOOP het, sou dit seker vinniger gegaan het as nou…)
    Anyway, hou van Gangnam-style, dankie! En happy Chuseok!

  4. Oktober 1, 2012 8:42 nm

    Beide videos het my spraakloos …..

    Wat my fasineer is die uitdrukkinglose robotgesigte met die pienk-spookasem-stemme en wilgerlat lyfies. PSY gaan ek net eerder my reg op stilswye beoefen 🙂

    Make you feel good music. So nodig soos die Barney-song

    Thanks Boertjie – nou sit en neurie ek Koreaanse-borrelgom-poptos 😆

  5. Oktober 4, 2012 11:19 nm

    Spookasem se moses. Ek hou van die beat though.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: