Skip to content

Ek gril vir…

Oktober 23, 2012

Ek is deur Seegogga versoek om te skryf oor wat my laat gril. Nou-ja, ek gril nie sommer nie, maar toe ek my gedagtes laat gaan, was daar skielik ‘n hele klompie goed wat ek kon identifiseer.

  • Rysmiere, koringkrieke en kakkerlakke. Maar van die drie, laat rysmiere my by verre die meeste gril. Hulle kom in groot swerms en as daardie vlerkies eers af is, dan kruip daardie sagte, grillerige lyfies orals in. Jig!
  • Vrot vrugte. Amper niks so grillerig, soos pap gevrotte vrugte nie.
  • Mense met vuil hare. Ekself het skaars hare op my kop oor, maar steeds was ek my hare elke dag, somer en winter. Vuil hare is bloot ‘n teken van swak persoonlike higiëne.
  • Die Antwoord. Die sanggroep het eiehandig, in ‘n relatiewe kort tydjie die woordjie “platvloers” en die term “swak smaak” herdefinieer. Hulle is grillerig. Punt.
  • Die woordjie “Afrikaanses”. Mens kry nie Duitses nie; ook nie Engelses, Franses of Koreaanses nie. Die woordjie “Afrikaanses” is ‘n taalverkragting. Die regte woord is “Afrikaanssprekendes” (inklusief) of “Afrikaners” (ekslusief).
21 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 23, 2012 6:41 nm

    Kyk bietjie wat skryf Adam Haupt van Die Antwoord:

    “It is ironic that Jones, the crew’s founding member, is neither coloured nor white Afrikaans working class; rather, he is a well-resourced white, English-speaking South African”

    Oor die gebruik van “Coloured” identiteit en simbole:
    “cultural appropriation given that coloured subjects themselves have not been able to convert their cultural expressions into symbolic capital”

    ‘In essence, this is how a privileged, white, English-speaking South African artist is able to “go native” and become a Web 2.0 viral marketing success story in the US and Europe.’

    • Oktober 24, 2012 5:11 nm

      Haupt beeld die ironie uit, maar ek weet nie of ek heeltemal saam met hom stem nie. Om Die Antwoord se musikale repertoire to te dig aan die gebruik van Kleurling identiteit en simbole, is ietwat beledigend vir die bruin gemeenskap, sou ek redeneer. Ek dink byvoorbeeld aan ‘n groep soos Brasse vannie Kaap. Hulle het goeie musiek gemaak binne die kulturele idioom sonder om die laagste gemene deler na te streef.

  2. Oktober 23, 2012 6:57 nm

    Die Antwoord steek hulle gebrek aan enige vorm van musikale talent of die vermoë om semi-sinvolle musiek voort te bring weg agter ‘n growwe platvloerse aandagsoekery beeld. Ek gril saam met jou.

  3. Oktober 23, 2012 7:28 nm

    Ek stem saam oor alles, maar veral koringkrieke en Die Antwoord. Wat laasgenoemde betref; is ons eenvoudig niks gewoond nie?

    (Oeg, en Parktown Prawns. Dis blykbaar ‘n mutasie van ‘n koringkriek. Dis aaklige goed!!)

    • Oktober 24, 2012 5:13 nm

      Nadia, ek sou geskok wees van verbasing as enige stoere Waterboys-aanhanger ook van Die Antwoord hou.😉

  4. Oktober 23, 2012 8:25 nm

    Ja, vrot vrugte en vuil hare….. Is GRILLERIG!! VERAL DIE HARE!

  5. brieweuitdievreemde permalink
    Oktober 24, 2012 1:04 vm

    Roger Ballen (‘n Amerikaanse fotograaaf wat Die Antwoord se inspirasie is en ook saam met hulle werk) se werke is verlede jaar hier uitgestal by die enigste gallery op die dorp. Sy foto’s was – vir my – baie disturbing / upsetting (of dan: “inaccessible”).

    Ballen het in 1974 in die Karoo begin rondry en foto’s neem en hier’s wat hy te se gehad het daaroor in ‘n onderhoud: “…and I also found a certain type of person that I would try to enter psychologically and visually” -Dit klink vir my soos ‘n tipe ‘rape by camera’? Watter reg het Ballen om mense visueel en sielkundig te wil ‘penetreer’ – amper altyd wit mense wat ‘n baie eenvoudige agtergrond het. Sy foto’s beeld dan ook geweldige “agterlike” scenes uit.

    Toe Die Antwoord net begin viral gaan het, was ek aanvanklik bly vir ZA musiek, maar nou is hulle shock tactics (saam met Roger Ballen s’n) gewoon boring.

  6. Oktober 24, 2012 3:39 vm

    Die Antwoord is ver verby grillerig vir my. Dis pleinweg kotswekkend. Waarvoor ek wel gril, is vuil vingernaels, growwe hakskene, enige ding met meer as vier pote, vuil skottelgoed wat mense oornag los opgehoop in die kombuis met koue, hardgeworde vetterigheid. Eintlik gril ek vir enige iets wat onhigienies lyk.

  7. Staffieliefhebber permalink
    Oktober 24, 2012 6:01 vm

    Ek was eenkeer by Butterfly World in Klapmuts tussen die Paarl en Stellenbosch. Dit is pragtig daar. Hulle het mooi skoenlappers, Iguanas, hasies, marmotte, bearded dragons ens. Maar daar is een afdeling wat jou hare laat rys… Daar in so ‘n kamertjie is glaskaste met tarantoelas, en onder meer Madagaskar “Hissing Cockroaches”. Jig… dis nou aaklikge goeters. Kokkerotte so amper 100mm lank, ‘n hele glaskas met seker duisende in. Toe sê die toergids meisie. kom kyk hier, hulle blaas so skril geluid as jy aan hulle vat, en toe druk sy haar hele arm in die glaskas in en haal een uit…Ek kry die horriepiep. Sy is heel rustig en ongeerg dit is vir haar soos niks nie. Dit is nou dappergeid…

    • Oktober 24, 2012 5:18 nm

      Het nou op die Internet gaan kyk waarvan jy praat. Nie aangenaam nie. Lyk soos goggas uit ‘n Indiana Jones rolprent!

  8. Oktober 24, 2012 7:26 vm

    Ek gril vir als hierbo, ek kon nie besluit watter een die meeste nie. Ek gril ook vir ‘Afrikaan’ – ons het hierdie Don ‘n ‘moedertaaldag’ en almal wat ‘n ander taal praat moet die einde van die dag ‘n kort storie aan die klas vertel in hul eie moedertaal en een vrou se toe vir my, ‘You speak Afrikaan’ – toe GRIL ek!

  9. brieweuitdievreemde permalink
    Oktober 24, 2012 5:52 nm

    O hemel. Weet nie wat nou hierbo gebeur het nie. Die anoniem was ek en die link is inderdaad terrible. Jammer😦

    • Oktober 25, 2012 7:39 nm

      Ek sou in elk geval geweet het dis jy!😉 Dankie vir die interessante agtergrond. Ek het gaan kyk na Bullock se werk en is geneig om saam met jou te stem.

  10. November 13, 2012 11:48 vm

    Kakkerlakke is beslis meer grillerig as reismiere!

    Ek wou sê dankie tog ek het nog nooit van “Afrikaanses” gehoor nie, maar toe besef ek dat ek dit nou net raak gelees het en nou is dit een van daardie lelike dinge wat as jy dit eens gesien het, jy dit nooit weer kan vergeet nie!😦

    • November 14, 2012 7:08 nm

      Duidelik lees jy nie Afrikaanse koerante nie (blameer jou ook nie!) Naspers is baie lief vir die ou woordjie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: