Skip to content

Vrydagaand-song XXXIII: Benedikt Sebastian en supermarionasie

November 23, 2012

Ek bedank Skryfblok wat ‘n tydjie terug die erg luisterbare musiek van Benedikt Sebastian onder my aandag gebring het. Ek het voor die tyd glad nie van die sanger geweet nie. Ek het sy video’s op YouTube gaan deurluister en was aangenaam verras deur die vars bydrae wat hy maak tot die eentonige doef-doef, poef-poef wat binne die Afrikaanse tegno genre opgedis word. My gunsteling video was Reisiger van Tyd. Eietyds, maar met ‘n nostalgiese terugblik na dit wat was. Die gebruik van ou Interster beeldmateriaal pas baie goed by die musiek en is baie treffend.

Interster was in die vroeë tagtigs ‘n Afrikaanse supermarionasiereeks op SAUK-televisie (supermarionasie is die gesofistikeerde gebruik van marionette, wat deels rus op die gebruik van elektronika om die marionette te beweeg). Die Britse vervaardiger, Gerry Anderson was in die sestigerjare ‘n pionier van hierdie genre. Twee van sy reekse is in die sewentigerjare in Suid-Afrika vertoon, naamlik Thunderbirds (in Afrikaans oorgeklank as Redding Internasionaal) en Stingray. Ek het so te sê met Redding Internasionaal groot geword en as seuntjie was dit van my gunsteling kykstof op televisie. Lady Penelope in haar uitspattige uitrustings en pienk Rolls Royce het ‘n blywende indruk op my gemaak. Teen die tagtigerjare was die Britse kulturele verbod teen Suid-Afrika in volle swang en kon Anderson se produksies nie meer bekom word nie.

Interster is vervaardig deur min-of-meer dieselfde tegniese span wat vir die gewildeLiewe Heksie gesorg het. Op die ou-end was Interster meer gesofistikeerd as die vroeëre Anderson produksies en word tot vandag toe erken as een van die beste supermarionasie reekse wat ooit vervaardig is. Die model van ‘n futuristiese Kaapstad was indrukwekkend en so ook die poppe self, lugskepe, die dekor en tegnieke wat gebruik is. Natuurlik was die reeks deurspek van Afrikaner-simboliek, verstaanbaar binne die tydswrig waarbinne dit vervaardig is (oa was die hoofkarakter genaamd De la Rey en die gevegstuie het die naam Impala gedra – dieselfde naam as die van die Italiaanse Aermacchi-vegvliegtuie, wat op daardie stadium deur die Suid-Afrikaanse Lugmag aangewend is).

Maar die tydswrig tersyde, Interster was vir sy tyd ‘n produksie van wêreldgehalte waarop die vervaardigers met reg trots was. Dit het ook ‘n belangrike bydrae gelewer tot die redelike arm genre van Afrikaanse wetenskapfiksie. Karakters soos die robot, Pikkie, Prins Karnati en Gorman het huishoudelike name geword en op skool was een van ons onderwysers (met ‘n prominente dubbelken) se bynaam Gorman. Hy kon nooit weer van die bynaam ontslae raak nie. Nou nog kan ek ‘n redelike goeie Gorman-impersonasie doen. Die interplanetêre booswig se mees bekende woorde was:

“Dis alweer daardie vervlakste De la Rey!”

Advertisements
8 Kommentaar leave one →
  1. brieweuitdievreemde permalink
    November 24, 2012 12:09 vm

    Interessant – die musiek en die vertelling. Dankie dat jy die ou se musiek gedeel het En ek onthou ook vir Redding Internasionaal 🙂

  2. November 25, 2012 3:50 nm

    Ek het vir jare gedink dat Interster was ‘n oorseese supermarionasiereeks wat slegs na Afrikaans toe vertaal was. Dit was eers ‘n paar jaar gelede dat ek die teendeel geleer het!

  3. Vlooi permalink
    November 26, 2012 8:46 nm

    O my liewe woord! Neem jy my nou op ‘n uitstappie die verlede vol onthou in BiB ! 🙂

    Ek is self beindruk met Benedikt Sebastian. Beslis nie die standaard stereo-tipe-afrikaanse-borrelgom-pop nie. Ek moet bieg – ek luister moeilik en min na wat gesien word as populêre afrikaanse musiek. Is lekker om verras te word 🙂

    Dankie vir jou moeite Boertjie – ek leer altyd iets as ek myself kom tuismaak tussen jou woorde.

  4. November 27, 2012 3:54 nm

    gelukkig is dit ‘n vrye keuse…… musiek
    jou video het my op ‘n trippie geneem, maar ek moet bieg die musiek doen dit nie vir my nie
    maybe moet mens seker op die regte vibe wees, voor die soort musiek met jou siel kan dans…… of maybe het ek net nie genoeg kutuur in my beendere nie, want alhoewel ek jou blog like, is die musiek nou regtig nie vir my nie
    ek is seker maar ‘n sucker vir die sad en die diep, want as ek na musiek luister, moet my siel kan saam dans

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: