Skip to content

Faf du Plessis: ‘n Legende word gebore

November 30, 2012

Ek is drieledig geïnspireer tot hierdie inskrywing. In die eerste plek lees ek die uitstekende artikel van krieketkommentator, Mark Nicholas op espncricinfo; daarna vra Skryfblok vir my nav my vorige inskrywing: Wie is Faf du Plessis? Ten laaste lees ek toe hierdie treffende inskrywing van brieweindievreemde.

916535-15234321-640-360

Foto: Yahoo

Voor 26 November het relatief min mense (en selfs mense wat krieket volg) regtig geweet van Faf du Plessis (As ek ‘n veertjie in my eie hoed mag druk: Ek het reeds byna twee jaar gelede Du Plessis se talent as onbesproke beskryf). Nou weet almal in die krieketwêreld met eens wie die man is. Sy briljante kolfbeurt van 110 (nun) het bykans eiehandig daarvoor gesorg dat Suid-Afrika nie die tweede kriekettoets teen Australië verloor nie – ideaal wat aan blote wensdenkery gegrens het aan die begin van spel op die laaste dag van die toets. Op die koop toe het hy geskiedenis gemaak deur bloot die vierde kolwer in Suid-Afrika se toetsgeskiedenis te word om ‘n honderdtal te slaan op debuut. Maar dis nie al nie. Hy het die eerste toetsdebutant ooit geword om beide ‘n 50-tal en 100-tal aan te teken. Dws die eerste speler om in meer as ‘n 100 jaar dit te vermag!

Ek weet dat daar mense is wat nie krieket volg nie en ook nooit self gespeel het nie. Vir diesulkes is dit belaglik dat twee spanne 5 dae lank speel en dan opgewonde raak oor ‘n gelykopuitslag. Dus stel ek Mark Nicholas aan die woord, want beter kan ek dit eenvoudig nie stel nie:

The Faf facts are, he batted for seven hours and 46 minutes, in mainly 34 degrees of heat and high humidity, with five different partners, one of whom could barely run, to defy a voracious Australian attack and save a crucial match for his beloved country. This was a monumental effort, performed on debut and already written into the folklore of South African cricket.

By Monday – five days after the 482 festival on Thursday of the previous week, but in the same match – a mere 169 runs were scored in six hours play. Work that out and explain it to a Spaniard. Yet every ball had meaning and drama. Australia needed just six balls to go right but only four finished in their favour. Think of it: more than 540 deliveries by six different protagonists and only six had to work out as Clarke and Co wished. (Terloops, dis die vierde meeste aflewerings wat ‘n span al ooit in toetskrieket moes trotseer om ‘n toets te red.)

These matches are proof of the sport, they are the reason we live it and love it and must continue to campaign for its pre-eminence. If Test cricket goes, a piece of us goes with it. The piece that is patience, manners and respect; the piece that is without commerce at its core.

Nicholas besing Du Plessis se lof met reg. Die lof wat hom toegeswaai word is nie beperk tot Nicholas nie, maar kan in talle publikasies gelees word. Onder andere The Australian:

One of the joys of Test cricket is when a player explores the limits of their capabilities, proves something they always wondered if they could do, finds a reserve hidden even from themselves. Faf du Plessis discovered some things about himself in this marathon Test match in Adelaide — as have his opponents.

en Sydney Morning Herald:

He went on to face 376 balls, defy DRS reviews and watch his more high-profile teammates fall around him to carry his bat in an extraordinary display of concentration, technique and nerve.

Want almal is dit eens. Wat hulle Maandag aanskou het, was een van die beste honderdtalle wat al ooit in toetskrieket aangeteken is. Maar wat werklik opval van Nicholas se artikel is die volgende woorde:

By playing forward and back, not from the crease, and by showing the maker’s name to bowlers who threw their Australian souls at him, a proud Afrikaner allowed South Africa the luxury of arriving in Perth without a deficit…

…du Plessis and Morkel – the two Afrikaners who join the list of cricket’s most brilliant escapologists.

Afrikaners dra so geweldig swaar aan hulle bagasie, dat baie van hulle deesdae selfs skaam is om hulself as Afrikaner te klassifiseer. Geen beter voorbeeld hiervan nie, is die gebruik van die Naspers-drogwoord “Afrikaanses”. Dis daarom verfrissend dat daar nog in die wêreld daarbuite mense is wat presies weet wie en wat die Afrikaner is, al weet baie Afrikaners self nie meer wat hulle identiteit is nie.

NS: Asof Du Plessis se briljante vertoning in die tweede toets nie goed genoeg is nie, het hy vandag weer 78 (nun) aangeteken op die eerste dag van die derde toets. Hy was die enigste kolwer van Suid-Afrika wat weerstand gebied het in ‘n vergeetlike kolfpoging deur Suid-Afrika. In slegs een en ‘n halwe toets is ‘n legende gebore!

Advertisements
8 Kommentaar leave one →
  1. Riko permalink
    November 30, 2012 9:20 nm

    Daardie artikel van Nicholas is uitstekend. Het dit ook gister gelees. Ek dink nie Faf gaan gou weer uit die span gelaat word nie (veral na vandag).

    Nog ‘n statistiek: Faf is ook nou die enigste kolwer in die geskiedeniswat in die eerste beurt van beide sy eerste en tweede toetse meer as 70 lopies aangeteken het… Voorwaar merkwaardig. Ek dink daar is ‘n reuse verskil tussen ‘n Cullinan of Tendulkar met al die talent in die wereld maar wat nie altyd die groot beurt speel wanneer dit saak maak nie, en ‘n speler met die temperament om te veg en te aanhou veg wanneer sy span dit die meeste nodig het.

    Legendaries inderdaad!

  2. Riko permalink
    November 30, 2012 9:27 nm

    Hier is nog ‘n goeie artikel op cricinfo oor Faf se beurt: http://www.espncricinfo.com/magazine/content/story/594405.html

    En lees ook hierdie oor die ander held vir Suid-Afrika in die tweede toets (Kallis): http://www.espncricinfo.com/australia-v-south-africa-2012/content/story/593821.html. Hoe gaan mens hom vervang? Hy is onvervangbaar. Iemand in die kommentaar noem dat Kallis nie eintlik ‘n “all-rounder” is nie (wat is die Afrikaans daarvoor?!), hy is ‘n volwaardige kolwer wat enige span net met sy kolfwerk sal haal, en ‘n volwaardige bouler wat enige span net met sy boulwerk sal haal. Hy is twee spelers in een. Daar was nog nooit iemand soos hy nie!

    • Desember 1, 2012 7:10 nm

      Riko, oor Faf doen ek ‘n inskrywing hier…oor Kallis sal ek ‘n verhandeling moet doen. Hy is doodeenvoudig een van die beste krieketspelers wat die wereld ooit opgelewer het. So eenvoudig soos dit! Dankie vir die skakels hierbo!

  3. brieweuitdievreemde permalink
    November 30, 2012 9:44 nm

    Nie juis bevoeg om iets te se oor krieket, maar – amper 8 uur aaneen in 34 grade, dit moes ‘n bo-menslike effort & konsentrasie geverg het. En dis nogal nice dat hulle praat van ‘a proud Afrikaner’ en ‘South African’ of so nie 🙂

    • Desember 1, 2012 7:13 nm

      Aanvanklik wou ek die inskrywing oor die uitsluitlik oor die boeg gooi van Nicholas se “Afrikaner” kommentaar, maar het toe besluit dat Faf se prestasie veel groter is as om hierdie inskrywing aan etniese identiteit te wy. Maar binne die konteks, is dit lekker om te sien dat Afrikaners darem in ‘n positiewe lig beskou word (al is dit nou deur ‘n Engelsman, van alle mense!).

  4. Desember 2, 2012 6:17 vm

    Ek is bly om te sien ons het nog sulke mooi talent!! KRIEKET [en Faf] BO!!

  5. Desember 3, 2012 5:33 nm

    Uitstekend! Ek sit nou hier en kyk hou SA die laaste spykers in die doodskis slaan… 🙂

  6. Desember 3, 2012 7:32 nm

    Ja-nee! Ek kry skoon lekker! Die keerpunt van die toetsreeks was die honderdtal van Faf op die laaste dag van die tweede toets.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: