Vrydagaand-song XXXIV
Into the Fire deur die groep Thirteen Senses vorm deel van die klankbaan van die Franse fliek, Les Chevaliers du ciel (Kavaliers van die lug) wat in 2005 verskyn het. Die fliek is gebaseer op die Frans-Belgiese strokiesprent Les Aventures de Tanguy et Laverdure wat vir die eerste keer in 1959 verskyn het. Die skrywer van die strokiesprent was Jean-Michel Charlier en die kunstenaar was Albert Uderzo (van Asterix-faam). Die strokiesprent wentel rondom die avonture van twee vlieëniers in die Franse lugmag.
Wat vir my baie interessant was, is die feit dat daar – voor hierdie rolprent – ‘n gelyknamige Franse TV-reeks was wat in die beginjare van televisie in Suid-Afrika oorgeklank is in Afrikaans en onder die titel, Mirage, vertoon is. Die twee Afrikaanssprekende Franse vlieëniers is een van my eerste herinneringe aan televisie (tog jammer dat Europese televisiemateriaal saam met apartheid in die slag gebly het in Suid-Afrika).
Into the Fire – inderdaad ‘n lekker warm song vir ‘n sneeukoue Vrydagaand hier in die vreemde!
Ek is MAL oor hierdie song en die beeldmateriaal daarby is net WOW. Voel asof mens self vlieg 🙂
luv it Boertjie
“From the summer to the spring
From the mountain to the air
From Samaritan to sin
And its waiting on the air “
Baie mooi. Waar dink jy kan mens hierdie vliek te siene kry?
Jy kan dit op die Internet aflaai. Ek het, maar moet nog die Engelse onderskrifte opspoor. 🙂
Sugggg …. en steeds het ek geen woorde nie … dit is net eenvoudig beautiful!
Dankie BIB!!