Slaan oor na inhoud

Vir oulaas dus: Die pagodas van Gameunsa

Desember 12, 2012

Ek was bevoorreg om ‘n volle drie jare in Korea se mees historiese stad, Gyeongju, te woon. Gedurende hierdie tyd het ek ‘n punt daarvan gemaak meeste van die ou grafte en historiese plekke in Gyeongju en omtrekke te besoek. Dit het oa Koning Munmu van Silla se seegraf ingesluit, asook die graf van sy seun, Koning Shinmun. Ongelukkig het ek nooit daarby uitgekom om die Gameunsa pagodas naby Koning Munmu se watergraf te aanskou nie.

P9012952P9012954

P9012945

‘n Tydjie terug het ek egter die voorreg gehad om die imposante Gameunsa pagodas en die oorblyfsels van die tempel te besoek naby die klein kusdorpie van Gampo, net buite Gyeongju. Hier het Munmu begin om ‘n tempel te bou om Korea te beskerm teen moontlike aanvalle vanaf Japan vanuit die Oos-see. Na sy vader se sterwe en begrafnis in die Oos-See (die enigste Silla-koning wat nie in ‘n tradisionele grasgraf begrawe is nie) het Shinmun die taak om die tempel te bou voltooi.

P9012963

Ongelukkig is al wat vandag staande bly, die twee reuse pagodas en ‘n klompie fondamentstene. Hierdie pagodas is altwee redelik breër en stewiger as ander pagodas uit dieselfde era en miskien ‘n aanduiding van die krag van die tempel wat Korea moes beskerm teen aanvalle vanuit die Ooste…

14 Kommentaar leave one →
  1. Desember 12, 2012 9:38 nm

    In ag genome dat 10jaar terug se bouwerk lyk of dit uit die vorige steentydperk dateer is dit werklik ongelooflik dat soveel daarvan behoue gebly het!

    Dit lyk kolosaal in verhouding met die moemins wat staan en kyk onder die sambreel!

    Dankie Boertjie !

    ps: die sneeu is steeds hoogsvermaaklik vir my

  2. Desember 12, 2012 9:39 nm

    Ag ek wou nog sê toe verlaat die Enter my

    Ek is versot op ou gebou en murasies. Die stories wat daarin vasgevang lê maak dat ek altyd my hand iewers teen dit wil druk dat ek deel kan wees. 🙂

  3. Desember 12, 2012 10:00 nm

    Wanneer kom jy weer bietjie huis toe 😉

  4. brieweuitdievreemde permalink
    Desember 13, 2012 1:31 vm

    Boer, dis mooi. Mooi en rustig. En dankie dat jy sulke mooi dinge uit Korea wys 🙂

  5. Desember 15, 2012 7:06 vm

    Baie mooi en ek kan net indink hoe lekker diep ver jy kyk en terugdink as jy daar rondgestap het.

  6. Desember 20, 2012 10:32 nm

    Imposant. Geskiedenis bly maar interessant.

  7. rianabrand permalink
    Desember 22, 2012 6:42 nm

    Ek laaik daai sneeu wat die heeltyd oor jou blog val….wens dit wil by ons ook weer sneeu. Lekker Kersfees en voorspoedige 2013 vir jou.

  8. Desember 31, 2012 8:09 nm

    “om Korea te beskerm teen moontlike aanvalle vanaf Japan vanuit die Oos-see”
    Is Suid Korea en Japan nou maatjies, of knor hulle steeds vir mekaar?
    Ou bouvalle bly maar interessant. Pragtige foto’s Boer.

  9. Januarie 24, 2013 12:06 vm

    Nee man, vir hoe lank hou jy dan vakansie 😀
    Was jy in ons brandende Piesang Paradys? Wel, die wyn is steeds goed hier? en die mense ook, veral party.
    Kom vertel vir ons van jou besoek.

Trackbacks

  1. Die Blog se Verjaarsdag (deel I) | Briewe Uit Die Vreemde
  2. Die Blog se Verjaarsdag (Deel II) | Briewe Uit Die Vreemde

Lewer kommentaar op Son Kanselleer antwoord