die drome is dood
die drome is dood
die beelde dof
maar in die nag
sonder dat ek daarop wag
verskyn jy
ongevraagd gereeld
glimlaggend
gelukkig
laat
my
soggens
gebroke
(c) Kopiereg voorbehou
21 Kommentaar
leave one →
die drome is dood
die beelde dof
maar in die nag
sonder dat ek daarop wag
verskyn jy
ongevraagd gereeld
glimlaggend
gelukkig
laat
my
soggens
gebroke
(c) Kopiereg voorbehou
Dis ‘n hartseer onthou…
jy is sooooo ‘n digter
*sug* …
Jy mag maar skryf! Ek hou verskriklik baie van hierdie gedig.
maar in die nag
sonder dat ek daarop wag
verskyn jy
ongevraagd gereeld
glimlaggend
gelukkig
🙂
Dis moeilik om los te laat he? Ek voel jou stryd met jouself my vriend…vasbyt…die rus kom…ook in jou drome. Ek moet se die foto van jou laat my dink aan die ou chinese gisha madams uit ‘n opvoering/”opera”…intressant.
Ek wens jy wil so baie gedigte as blogs skrywe! Ek weet dis nie iets wat mens forseer nie, maar dit sal nice wees om meer daarvan te sien.
Sjoe. Ek kan identifiseer. Wens ek kon nie, maar ek kan.
Ek hou van jou skryfstyl; voel baie tuis. Voel bietjie soos my eie, dink ek.
😦 Weer gelees. Weer hartseer.
baie mooi enbaie diep. wens ek kon sulke mooi goed sê…
Dankie, maar ek dink vele mense kan sulke mooi goed se, as hulle net hulle kop on die regte ruimte het.
wanneer post jy weer ‘n gedig, boertjie?
Cara…wanneer ek weer eendag daardie ontwykende muse kan vasgryp!
Ek hou hiervan
Dit los my met ‘n redelike mate van apatie as ‘n verlore droom deur my drome rank.
Jare maak dit effens beter maar dit gaan nooit weg nie.
Ek drink van jou wyn BiB
‘n quote deur my griffel –
“Hier en daar kruis julle mekaar
tussen lank vergete goed
deur die krummels van ou drome
waar sy nou en dan kom groet”
Dankie vir die mooi bydrae!
So min woorde…..deurtrek met soveel emosie….mens kan amper saam voel!
Ai dis pragtig!!!!!!
Ek verstaan dit vir die eerste keer werklik…
Ek kry mos ook darie drome….. Baie mooi geskryf- en ek identifiseer
Dit is pragtig ….
hierdie is so ongelooflik na aan die hart geskryf