naskrif
en sekerlik
raak ook ek
‘n vae herinnering
‘n verweerde sepia-beeld
verban
na die st helena van jou siel
weggesteek in die veraf uithoeke van jou hart
gemaak vergete en verstoot
tog
weet ek
dat jy soms
soos by ‘n graf
dit weer besoek
en ‘n bossie blomme laat
as ‘n stukkie kleur
‘n verganklike offer aan die wind en weer
‘n tydelike kuur
vir ons albei se seer
(c) Kopiereg voorbehou
6 Kommentaar
leave one →
DIS MOOI……!!!
Ok nou is ek in trane, ……hierdie een laat die damwal bars….
woordkuns
Dis beautiful! Mag ek dit “re-post” op my blog asb? Natuurlik met jou naam by. My blog gaan mos oor goed wat vir my mooi is.
Jy’s welkom! 🙂
Baie dankie dat ek hierdie mooi woorde met ander mag deel.
Ek het hierdie woorde van jou al honderde kere oor gelees.
En dankie vir die “like”!