die kamers van my hart
die kamers van my hart
is lank reeds leeg gerou
tot spinnerak murasie
honger muise
muwwe mure
die deurdringende stank
van dooie drome
en ‘n verotte verlede
maar steeds
snuffel ek boemelaaragtig rond
opsoek na ge(s)aborteerde woorde
snipperstukkies hoop
dofgeel geskeurde kiekies
flenterkrummels geloof
splinters gestolde lag
versamel en sleep
moeitevol saam
aalmoes oophand
aan jou…en jou…en jou
want
miskien
dra jy selfs ‘n groter rou
(c) Kopiereg voorbehou
19 Kommentaar
leave one →
ag man jy skryf so mooi!!!!!
troedelkies
jis dis mooi man
dit is regtig baie mooi
x
Sorry maar ek dink van nou af is jy amptelik in my boek ‘n digter, maar nie een wat woorde op papier sit nie, maar in jou siel skryf. dankie vir die een.., dis iets besonders. Riana
Baie dankie.
Ek het eers vandag weer bietjie jou gedigte kom lees… Dis só mooi!!
Ek verstaan nie… vra jy aalmoese of gee jy aalmoese in hierdie gedig?
Oor die laaste stukkie… Soms wens ek hy rou ook; soms hoop ek van harte hy hoef nie deur dieselfde seerkry te gaan nie.
Treffende beelde. Baie. Leeg gerou… Sjoe.
Ek’s die een wat steeds aalmoese uitdeel, selfs al het ek niks meer om te gee nie…
Woorde uit die siel…….dis baie mooi
Ai man,
Skryf jy die mooi goed soos jy dink of
soos jy voel
Anyway dit tref diep
Ek weet nie wie jy is nie maar jy MAG maar skryf en
ek hoop jy publiseer
leierloos, dankie vir jou kommentaar op my skrifsels
ek weet nie hoe om uit die kop te skryf nie
Man, jy mag maar hoor!!! Sielsgeskrifte…..
Wow dankie dit is amazing …..
Besonderse treffende woorde uit die hart, steeds soekend klouend aan ‘n pragtige herinningsdroom!
🙂
somtyds lees jy en so sonder dat jy dit wil erken brand die trane agter jou oë want jou leeg word swart op wit verwoord deur ‘n vreemdeling
Dit is so dat ons so dikwels jou eie gevoelens in andere se woorde lees…En dis sekerlik hoekom mens meer van sommige materiaal hou as ander. Maar met hierdie gedig is my hoop dat NIEMAND anders so voel nie. Sterkte!
ek verstaan dat elkeen van ons sterk genoeg is om sy lewe te leef 🙂 my hoop is saam met jou dat NIEMAND anders so hoef te voel nie