spitstyd

vlietend
in ‘n swiepende sekond
speur ek jou blonde hare
en volrooi mond
vind jou donker oë my

in enkel oomblik
skuur twee wêrelde bymekaar verby

(c) Kopiereg voorbehou

3 Kommentaar

  1. Huisvrou het gesê,

    Augustus 17, 2008 at 12:07 vm

    Skepe in die nag. Vinnig, kortstondig, maar Duidelik Daar.
    Ek’t jou ontdek, via via
    En nou ‘n wonderput met vars water gekry.
    Dankie dat jy deel
    Dis rus vir ‘n siel, tog wek dit op.
    Denke, beelde, reuk en smaak.

  2. Johan Horn het gesê,

    Augustus 17, 2008 at 5:14 vm

    Aiiiii … dis mooooooooooooooooiiiiiiii!!!!!!!!!!! dankie j

  3. leierloos het gesê,

    Oktober 6, 2009 at 7:56 nm

    gebeur dit ook met jou
    dat jy dan
    meswond diep in hart
    weer voel boor en sny?


Lewer Kommentaar