Slaan oor na inhoud

Koreaanse treffers (II)

Desember 9, 2007

Anyband – Promise U – Eng Sub

Hierdie song is van die groep Anyband waarvan die gewilde Koreaanse popsanger, Kwan Boa, die spil is. Die song maak deel uit van ‘n intense Samsung advertensieveldtog om sy gevorderde Anycall-selfone te bemark. Sedert die advertensie die eerste keer gebeeldsend is, het hierdie song in eie reg ‘n treffer geword. En dis nogal ‘n song waarmee ek kan saamleef.

8 Kommentaar leave one →
  1. Desember 9, 2007 10:13 nm

    Ek stem saam, baie oulik! “Rustige” musiek ! Dankie!

  2. Kaalvoetkind permalink
    Desember 9, 2007 11:35 nm

    Ek kan nogals verstaan hoekom hierdie song so gewild is! Baie nice!!

  3. Desember 10, 2007 2:27 vm

    Beslis baie beter as daardie ander poppies s’n!
    Daar is ‘n paar sulkes in die pop-geskiedenis wat ek aan kan dink: I’d like to teach the world to sing, wat ‘n Coca Cola-klingel was, so ook Jeans On vir een of ander jeans. Ek het half ‘n idee dat Simon & Garfunkel se Feelin’ Groovy miskien as ‘n advertensie vir Groovy koeldrank (die eerste koeldrank in blikkies) gebruik was, maar ek glo nie dit was eerste ‘n klingel nie.

  4. Desember 10, 2007 8:29 nm

    Ek hou van…..
    Baie!

    Die video resoneer met die U2 een (Kan nie onthou watter liedjie nie) toe hulle ook so op die dak musiek gemaak het en die hele New York tot stilstand gebring het en die aand in die tronk moes loop slaap oor die erge verkeers ontwrigting wat hulle veroorsaak het…

    Dit lyk darm of die video gechoreografeer was..

  5. Desember 10, 2007 10:32 nm

    Ek probeer nog vasstel waar die video geskiet is. Op sommige hoeke, lyk dit verdag baie na Kaapstad…

  6. Desember 10, 2007 11:12 nm

    Die Beatles het natuurlik lank voor U2 op die dakke gesing…

    (Ek like hierdie song nogals. Dink ek sou meer daarvan gehou het as ek die woorde kon verstaan, dit lyk so “plat” as mens die onderskrifte moet lees)

  7. Desember 10, 2007 11:29 nm

    Pragtig. Ek hou nie van die rap gedeelte nie, maar die res is baie mooi.

  8. Desember 15, 2007 12:30 vm

    Dis regtig baie nice. Baie beter as die vorige ene. Ek sal hiermee kan saamleef.

Lewer kommentaar