Slaan oor na inhoud

Steurgarnale en skulpvis

Oktober 31, 2007

S7302095Word ek toe mos die afgelope naweek genooi om saamS7302093 met ‘n paar Koreaanse kollegas te gaan steurgarnale eet. Op hierdie punt wil ek my nie in die semantiese mynveld begeef oor wat steurgarnale (prawns) is en wat nou eintlik garnale (shrimps) is nie. Soos meestal in die VSA gebeur, word beide steurgarnale en garnale in Korea shrimps genoem, ongeag die grote. In elk geval…so sien ek toe uit na ‘n hele bord vol pienk gaargemaakte steurgarnale, soos ek dit ken (en al voorheen hier in Korea ge-eet het). Maar hier leer ‘n mens keer-op-keer dat jy nie altyd weet wat om te wagte te wees nie…

S7302084Aangekom by die restaurant, word die bestelling geplaas en na ‘n wyle kom ‘n dametjie nader gestap, kompleet met oulike wit handskoentjies en ‘n hele bak lewendige steurgarnale. Om die waarheid te se, hulle is so lewendig, toe sy die deksel afhaal het twee van hulle (in ‘n waarskynlik futiele ontsnappoging) op die tafel gespring. Sy sit die borde mooi voor ons reg en en begin toe onseremonieel die S7302082tienpotige gediertes se koppe een vir een afbreek. Daarna word die lyfie noukeurig ontdop en voor ons op die bord gele, met die stert wat nog so effe vladder. En so vinnig soos hulle op die groot bord verskyn, so vinnig word hulle opgeraap, gou in die wasabi en-sojasous gedoop en ge-eet. Ek was honger, so toe spring ek maar self in, gryp die flappende stertjie, druk in die sous en eet. Gelukkig is ek ‘n avontuurlike eter en eintlik is die rou steurgarnale toe heel lekker. As jy van sushi hou, behoort jy hiervan te hou (as jy daai bewegende stert kan ignoreer!).
S7302088Daarna is die koppe konvensioneel gaargemaak en ook verorber. Die res van die seekos-kombo het bestaan uit allerhande grote en vorms skulpvis (wat ek nie van ‘n kant af ken nie), wat deur dieselfde dametjie op die rooster daar aan tafel gebraai is. Dit was BAIE lekker en ek het genoeg sink en Vitamiene E ingekry op my vir die volgende 2 maande te hou!

 

29 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 31, 2007 11:48 nm

    BB ek sou dit nie kon doen nie! Jy het baie meer guts as ek!!

  2. November 1, 2007 12:27 vm

    Hier in Taiwan word dit ook soms so gedoen. die’s wat ek geEet het, se sterte het gelukkig nie meer geflap nie.
    Dankie nou weet ek ook die woord vir prawns in Afrikaans. 🙂

  3. November 1, 2007 5:03 vm

    Ek is nie ‘n avontuurlike eter nie. Definitief nie.

  4. November 1, 2007 1:55 nm

    Ek het nuwe respek vir jou waagmoed. Geen manier waarop ek dit sou geëet het nie.

  5. Eben permalink
    November 1, 2007 2:14 nm

    Nee liewe donner BiB … ek eet hom gaar maar verseker nie rou!!

    Jy wen my op die rondte!!

  6. November 1, 2007 3:05 nm

    Eben, ek sit maar eerder saam met jou uit hierdie rondte! Ek gril net vir die gedagte van rou prawns! Boertjie, ek dink nie ek sal sommer saam met jou gaan uiteet nie – klink vir my jy sal enige iets eet – dead or alive! Lol 🙂

  7. November 1, 2007 4:52 nm

    Dit klink heerlik! Ek is ‘n sushi verslaafde, en enigiets met wasabi en soya is ‘n wenner!

    Se volgende keer moet hulle vir jou so ‘n lekker groot stuk tuna, net seel. ‘Seared’ soos die ingelsman seg.
    Dan smeer jy die wasabi so ‘n groen lagie oor die storie, met ‘n ekstra bakkie soya voor die bord. Mensig, dis ontbyttyd hier, maar hoe loop my luskliere nou oor!!!

  8. rightsaidreverend permalink
    November 1, 2007 4:59 nm

    enige ding wat in die see rondswem is my gunsteling eetding

  9. November 1, 2007 5:15 nm

    Nee o vrek ek gril my dood!

  10. kaalvoetkind permalink
    November 1, 2007 8:31 nm

    Gaar prawns/shrimps… soms, gebraaide calamari ringe soos Ooskus Vis & Chips in Gordonsbaai dit gaarmaak… ENIGE tyd, maar rou seekos (eniges)… NOOIT!!

  11. November 1, 2007 10:16 nm

    Ek hou van sushi, so ek dink ek sou dit probeer het. Daai stertjie wat nog swaai sit my net bietjie af, maar ek sou toe oë probeer het!

  12. November 1, 2007 11:30 nm

    Skoorblok en Dellie (en Idiwidi?), lyk my julle is die enigstes wat bereid is om julle kulinere grense drasties te verskuif. 😉
    Skoorblok, dankie vir die wenk! Ek het al tuna so gaargemaak (mens kry baie vars tuna hier te koop), maar nie die wasabi probeer nie.
    Rene, ek sal enigiets eet wat uit die SEE uit kom, selfs ‘n meermin 🙂

  13. Eben permalink
    November 1, 2007 11:47 nm

    Gie gie nou moet jy oppas René!!! BiB eet meermin(ne) ook. Nou vertel BiB, hoe eet jy haar?? Mmmm met wasabi?? (sic!!)

  14. November 2, 2007 12:32 vm

    Ek eet haat van onder af booontoe sodat ek haar glimlag die heeltyd kan sien… 😉

  15. November 2, 2007 12:43 vm

    ek eet hulle ook gewoonlik van onder af boontoe….hehehe!
    ek reken ek sou nogals die garnaaltjie rou kon eet ja, ek het al baie erger goed gesluk….nee man nie wat jy dink nie, ek praat van oesters!

  16. November 2, 2007 12:45 vm

    ek sou ook kon….

  17. November 2, 2007 3:54 nm

    Lol @ Boertjie en Eben!! Hoe “bly” is ek nou ek isi ‘n meermin nie! whahaha 🙂

  18. Sonstudio permalink
    November 2, 2007 5:11 nm

    Ek’s ook mal oor seekos en eet graag sushi, maar weet nie of ek verby die vladderende stertjie sou kon gekyk het nie…

  19. November 2, 2007 7:32 nm

    Ek eet niks wat nog vir my waai nie.

  20. November 2, 2007 10:07 nm

    Vygie, die meermin waai nie vir my nie…sy glimlag net!

  21. November 3, 2007 2:29 vm

    Jis dit klink lekker! Ek is ‘n groot prawn man, sal bietjie eendag die outjies rou wil proe :-). Klink my jy beleef alle fasette van die kultuur daar behoorlik? Amazing!

  22. boendoe permalink
    November 3, 2007 4:15 vm

    Nee, dis grusaam!

  23. November 4, 2007 11:09 nm

    Boer, ek wag vir jou invite! Basil sal mos lekker eet daar by jou jong! LOL!

  24. November 5, 2007 11:06 nm

    Fantasties, klink besonders lekker !

  25. tarentaal1 permalink
    November 6, 2007 11:54 nm

    Ag nee man! Jy kry my NIE om dit te eet nie!! Nooit in my lewe nie…nog minder as hulle so rondspring nie!! Chessalee…

  26. Mixema permalink
    Oktober 9, 2012 5:32 vm

    Laat my nou dink aan iemand wat gesê het sy eet NIKS wat uit die SEE kom nie – siessa. Toe vra my sus ewe onskuldig of sy eiers eet………..

  27. Mixema permalink
    Oktober 11, 2012 2:10 vm

    Lees al geruime tyd gereeld jou blog, maar het nou besluit om van die begin te lees en trek nou by Mei 2008. Ongelooflik interessant. Ek sal amper te bang wees om op datum te kom en dan in klein dosisse aan te gaan!

    • Oktober 11, 2012 8:15 nm

      Sjoe, nooit sou ek kon dink dat iemand die taak sal aanpak om waarlik my blog van die begin af te lees nie! Ek voel ge-eerd! 🙂

Lewer kommentaar