Slaan oor na inhoud

Waar ‘n koning ewig rus

November 5, 2007

S7301792Ek het op ‘n bewolkte Koreaanse herfsdag Gwaereung besoek – die laasteS7301794 rusplek van Koning Wonseong (785 – 798nC), die 38ste koning van die Silla-dinastie. Onder Koning Seondeok (780-785nC) het Wonseong as die Sangdaedeung (vergelykbaar met ‘n Eerste Minister) gedien en na Seondeok se dood het hy die koningskap oorgeneem, aangesien Seondeok geen opvolgers uit sy eie bloedlyn gehad het nie. Wonseong is bekend daarvoor dat hy goeie verhoudinge met die Tang-dinastie (618 – 907nC) in China opgebou het en dat hy in 787nC die Tang se Doksoechulsingwa (staatsdiens-eksamen) verpligtend gemaak het in Silla .

S7301798Die graf, ongeveer 12km buite S7301799Gyeongju, is 70 meter in die rondte, 22 meter in deursnee en amper 8 meter hoog. Anders as baie soortgelyke grafte, is die onderkant van die graf met granietstene versterk, waarop die 12 diere van die Oosterse zodiak uitgekerf is. Hierdie kunswerke op die stene, word as van die kunstigesS7301795 op alle Silla-grafte beskou. Buite die graf, staan eeue-oue steensoldate en wreedaardige leeus trots wag. Die naam S7301802Gwaereung beteken letterlik “hangende graf” en is afgelei van ‘n legende wat vertel dat daar ten tye van die grafgrawing op water afgekom is, wat bly staan het en nie weggesak het nie. Die kis met die lyk in, is toe binne die graf gehang en nie as sulks in die grond begrawe nie.

20 Kommentaar leave one →
  1. November 6, 2007 2:58 vm

    As ek jy was het ek ‘n boek oor Korea in Afrikaans gepubliseer. 🙂

  2. kaalvoetkind permalink
    November 6, 2007 3:33 vm

    Ek het al dieselfde ding gedink as Blok. Dan kan jy sommer ons kopieë vir ons teken! 😉

  3. November 6, 2007 5:11 nm

    Ek stem! Jy maak die geskiedenis van Korea baie ontvanklik in Afrikaans, en jou foto’s is baie mooi.

  4. November 6, 2007 7:14 nm

    Boertjie, bring vir my een van daai soldaatbeeldjies saam as jy huis toe kom toe seblief – dit sal baie mooi lyk in my tuin…!!! Lol :mrgreen:

  5. Bertus! permalink
    November 6, 2007 9:36 nm

    Daardie klipgoed lyk baie oud. Dis ‘n wonder niemand het nog hul name en die naam van hul girlfriend daarop uitgekrap nie, of was iemand dit gereeld?

  6. tarentaal1 permalink
    November 6, 2007 11:51 nm

    Ek stem saam met almal hier, jou foto’s is altyd pragtig en beskrywings uitsonderlik! Hou so aan! Ons sien uit na daardie boek!

  7. tarentaal1 permalink
    November 6, 2007 11:52 nm

    Ag nee man! Nou het hy my hier ingelog as my “toetsblog” by WordPress, so vergeet van daardie adres, ek gaan hom delete, want my skaakspelle werk nie op WP nie, ek is steeds by Chessalee! 🙂

  8. November 7, 2007 12:25 vm

    insiggewend soos altyd….en interessant hoe hang jy ‘n kis?

  9. November 7, 2007 1:49 vm

    Vra ek myself ook af….
    As ‘n kis hang, sal dit onderhewig wees aan dieselfde natuurselemente soos die in ‘n normale graf en ook watter tipe meganismes was beskikbaar om die kis mee te hang. Gewone tou sou seer sekerlik nie oorleef het nie…

  10. November 7, 2007 8:50 vm

    Jip, ek stem! Dink daai boek is ‘n blink plan.

  11. November 7, 2007 2:31 nm

    Chessalee, jammer, hierdie is nie bedoel om ten koste van jou te wees nie! (Laat weet my hoe sit mens die skaakspelle in, miskien is daar ‘n oplossing). Toe ek in my gedagtes dink hoe jy teruggaan en kyk of jou comment op is kon ek jou net hoor sê: “O … ! Tarentaal!”, en my gedagtes kon net na een plek toe spring: Hierdie gediggie van

    Carl Boplaas (van der Merwe)

    WEL TER TALE

    Aspirant diaken,
    sy vierjarige seuntjie
    en sy vrome vrou
    nooi die pastoriepaar
    vir ‘n wildtuin-ekspedisie
    hulle toets sy blinknuwe 4 x 4;
    Ja, dominee mag ook maar
    so ‘n klein entjie bestuur …
    Hulle kom om ‘n draai
    en daar’s twee volstruise
    wat wou … paar!
    Die mannetjie storm
    op die voertuig af,
    trap en skop!
    Jy sien net skrape,
    hoor die ligte spat.

    Na dié helse kabaal
    en die geskokte stilte
    skree die knapie:
    “Voetsek!
    Jou fotting karenkaal!”

  12. tarentaal1 permalink
    November 7, 2007 6:33 nm

    Chris…dis snaaks! 🙂 Ek sal jou laat weet oor die skaakspelle…en ek gaan hierdie Tarentaal1 vandag delete…sal baie graag by WP ‘n blog wil he! Ek dink dit lyk baie netjieser as Blogger!:)

  13. November 7, 2007 6:49 nm

    Was hy gebalsem? Was metaal nie al lankal in gebruik nie? So hulle het heel moontlik die kis laat hang met kettings, maar selfs dit kan roes. Dit sal interessant wees om die graf oop te maak…

  14. November 7, 2007 11:42 nm

    Goeie idee van ‘n boek, maar ek dink die lesersmark is maar eina…
    Rene, as ek een van die “beeldjies” vir jou sou bring, sal duisende jare se vloeke my tref. Kry maar eerder vir jou ‘n tuinkabouter. 😉
    Bertus, nee, die beelde se toestand is te danke aan hoe goed hulle gebou is. En grafitti is glad nie groot in Korea nie.
    Die legende van die “hangende” kis is ‘n legende en niemand weet verseker nie. Die Koreane het slegs enkele van die grafte oopgemaak en selfs dit was ‘n stryd. Hulle is baie bygelowig en glo dat mens nie die konings moet steur nie. Tydens vorige opgrawings van grafte was daar vele gevalle waar werkers nie wou werk nie en bang was ens. Ek sal binnekort bietjie blog oor die een graf wat vir die publiek oopgestel is, sodat julle kan sien hoe dit binne-in lyk.
    Tarentaal/Chessalee/Nikita: Los nou jou nonsies en kom WordPress toe!

  15. kaalvoetkind permalink
    November 8, 2007 4:10 vm

    Bib, wat dan van ‘n hygroman of digbundel? Toeeeeee man?! 🙂

  16. November 8, 2007 9:09 nm

    Whahahaha @ hygroman! Ek koop die heel eerste gedrukte boek :mrgreen:

  17. Eben permalink
    November 8, 2007 11:26 nm

    BiB dis absoluut interressante leesstof wat jy post. Ek stem, doen in afrikaans, jy sal jouself verbaas.

    Dis so daaraan, as Korea in Suid Afrika was, dan was die gesienswaardighede lankal gesteel, en name veander!! En die kis verseker nie meer in die lug nie !!

  18. November 9, 2007 4:35 nm

    As ek dit reg het, is daar ‘n sekere park in Korea waar jy kan gaan begin met die hygroman…

  19. November 9, 2007 10:30 nm

    Wat het ek al ooit op hierdie blog geskryf, wat julle die idee geen dat en in staat is tot ‘n hygroman…of moet ek skryf oor die konings in hulle grasgrafte wat na suurstof hyg?

  20. kaalvoetkind permalink
    November 10, 2007 3:45 vm

    Erens het ek ‘n voëltjie eendag hoor fluit oor ‘n hygroman… maar dit maak nie saak wanneer of waar die voëltjie gefluit het nie, wat ek eintlik wou sê is dit: Jy skryf deksels goed en jy behoort ‘n boek te skryf – só ‘n talent steek mens nie weg onder ‘n maatemmer nie! 🙂

Lewer kommentaar op mykopop Kanselleer antwoord