Slaan oor na inhoud

Skrikbeelde in Korea

Augustus 22, 2007

Ek het alleen gaan wandel en die vreesaanjaendste skrikbeelde gesien…

samsung 296samsung 178

Vinniger en vinniger het ek geloop, my hart soos ‘n trom, my voetstappe ‘n eensame eggo…

samsung 190samsung 205

Maar die beelde wou nie wyk nie, nader en nader…

samsung 252samsung 313

En toe skree ek kliphard…

samsung 251

14 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 22, 2007 11:10 nm

    Grap gat! Pasop dat jy nie ‘dead people’ begin sien nie. 😉

  2. Augustus 22, 2007 11:19 nm

    Klink vir my soos ‘n nagmerrie! Wel, na al daai beelde sal niemand jou kwalik neem as jy nagmerries kry nie!!!

  3. Augustus 22, 2007 11:20 nm

    Ek wonder maar net soms hoe ver mens moet reis om Hollywood te ontvlug?

  4. Augustus 23, 2007 12:23 vm

    Daar is geen wegkom van hollywood nie boertjie!

  5. Bertus! permalink
    Augustus 23, 2007 2:55 vm

    Wat is daai tweede van bo regs? Lyk soos stokinsekte.

  6. Augustus 23, 2007 3:22 vm

    Dis lewendige krappe wat jy by ‘n restaurant kan kies om te eet … ?

  7. Augustus 23, 2007 2:34 nm

    hie-hie. ja nee, hier in die Ooste hoef ons regtig nie ver te soek vir ‘n paar vreeslike gedrogte nie.

  8. Augustus 23, 2007 5:00 nm

    Whaa-haa-haa! Ek is bang. Koreaanse mense maak my ook bang: verstaan gewoonlik nie wat ons sê nie, maar ons dink ons kom agter partykeer maak hulle gerieflikheidshalwe of hulle nie verstaan nie.

  9. kaalvoetkind permalink
    Augustus 23, 2007 10:11 nm

    Na dese is ek oortuig dat ek nie in die Ooste sal aard nie! 🙂

  10. Augustus 23, 2007 11:25 nm

    Dis inderdaad krappe. Die hele Korea is vol van hierdie “kraptenks”. In supermarkte, restaurante, straatstalletjies ens. Kyk, hulle hou van hulle krappe! Het dit al ge-eet, maar is nie mal daaroor nie. Jy kan soms die spesiale reuse-krappe kry. In uitsoek-restaurante kos hulle sowat R700 een en voed 6 mense!

  11. Augustus 24, 2007 4:41 nm

    Ek glo nie Hollywood is nie iewers nie. Ongelukkig.
    Maar krap eet…. liewers nie! 😀

  12. Augustus 24, 2007 8:46 nm

    Ek dink nie Hollywood is in Noord-Korea nie, maar ek beplan om nog self uit te vind.

  13. Johan Horn permalink
    September 1, 2007 12:53 vm

    Werklik, Boer, werklik ‘n uitstekende blog!! En jou foto’s is elke keer beter en beter! Hoe jy dit gaan volhou weet ek nie mooi nie 🙂 en gelukkig ook nie my probleem nie, want ek geniet net! Johan Horn

  14. September 1, 2007 1:52 nm

    Johan, baie dankie! Waardeer jou opbouende kommentaar en is bly jy geniet dit!

Lewer kommentaar op idiwidi Kanselleer antwoord