Slaan oor na inhoud

Waarnemings vanuit my leunstoel: Die 2011 Rugby Wêreldbeker: Week 1

September 16, 2011

rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195

Ek was tot dusver bevoorreg om elke wedstryd van die Rugby Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland te kon volg. Nou goed, my sosiale lewe ly so ietwat daaronder, maar ek geniet elke oomblik van die rugby. Omdat rugby byna nooit hier op televisie te sien is nie, is dit vir my soos water in die woestyn om wedstryd na wedstryd te kyk. Nou moet ek ook byvoeg dat hierdie sportverslawing nie tot rugby beperk is nie en ek ook byna elke wedstryd van die Sokker Wêreldbeker verlede jaar gekyk het. Groot internasionale sportgebeurtenisse is nou maar eenmaal ‘n swakheid by my.

2502-5551-5784-0 2620912

Foto: Rugby365

Maar hoe dit ookal sy, hier is ‘n paar van my leunstoelwaarnemings na die eerste week van die skouspel:

  • Soos andere, is ek beïndruk deur die kleiner spanne se veggees, moed en durf. Dit toon aan dat die gaping tussen die sterkste rugbylande en die swakkeres tog kleiner word, wat ‘n baie goeie ding is vir rugby as internasionale spel. Weg is die weghol honderdtal-oorwinnings van vorige jare en sover was daar nog net een vyftigtal aangeteken. Ek besef dat ek dalk te vroeg praat, maar dit wil tog voorkom asof die kleiner spanne mededingend gaan bly deur die loop van die toernooi. Ek was veral beindruk met Tonga se vertoning teen die All Blacks, Roemenië se spel teen Skotland en die VSA se veglus teen Ierland. Selfs Namibië is tot dusver nie verneder deur veel sterker spanne nie.
  • Die span wat my tot dusver die meeste beïndruk het, is Australië. Hulle vertoning in die tweede helfte teen Italië, was subliem en ‘n stappie bo wat enige van die ander spanne kon opdis. Teen Japan, het die All Blacks ook gewys waartoe hulle in staat is. Na week een, lyk Nieu-Seeland en Australië vir my na die gunstelinge.
  • Die boeiendste en hardste wedstryd, was die geweldige stryd tussen Engeland en Argentinië. Ondanks die swak stelskopwerk en gebrek aan hardlooprugby, was dit ‘n klassieke stryd en dit was eintlik jammer dat daar ‘n wenner moes wees.
  • Van al die wenspanne, was ek die minste beïndruk met Skotland se vertonings. Trouens, hulle vervelige geploeter teen Georgië was tot dusver seker die swakste wedstryd van die toernooi. Dat ‘n span met so ‘n oormate van balbesit nie eens een drie kon druk nie, was eintlik pateties. As Skotland nie sokkies optrek nie, gaan beide Engeland en Argentinië hulle slag. Die ander span wat werklikwaar onder hulle potensiaal gespeel het, was Ierland. Hulle sal ‘n enorme rekrugpoging nodig hê, as hulle wil vorder in die toernooi.
  • ‘n Aspek wat baie duidelik geblyk het uit die wedstryde sover, is dat die verdediging baie goed is. Selfs die swakker spanne se verdedigingslinies is baie noukeurig opgestel en drieë kom nie sommer op ‘n skinkbord nie. Daarom dat ek glo dat die spanne met die giftigste agterlyne (te wete Nieu-Seeland en Australië) sekerlik die beste kans het om die toernooi te wen.
  • Ek weet nie of dit die bal is of die speeltoestande nie, maar die hantering in die wedstryde laat veel te wense oor. Daar is werklik ‘n oormaat van hanteerfoute van selfs die beste spanne. Ek hoop dat die hantering dramaties sal verbeter.
  • Behalwe vir die hantering, is die stelskopwerk ook power. Nêrens was dit duideliker as in die stryd tussen Engeland en Argentinië nie. Beide spanne kon die wedstryd gewen het as hulle van die talle verbroude stelskoppe kon oorstuur. In die ander wedstryde het dit ook nie veel beter gegaan nie. Kyk net hoe het Wallis ‘n moontlike oorwinning oor Suid-Afrika weggegooi deur verbroude skoppe.
  • En wat van die Springbokke? Die wedstryd teen Wallis was ‘n naelbyt-affêre. Hoed af vir die Bokke wat die knoop deurgehaak het, maar dit is duidelik dat die groep met soveel ou, beseerde spelers, gaan klippe kou verder in die toernooi. Ek dink as hulle die halfeindstryd haal, kan hulle hulself op die skouer klop.

Dit net in kort enkele waarnemings van ‘n amateur leunstoelondersteuner met ‘n koue bier in die hand. Hierdie naweek pak die Springbokke vir Fidji, Wallis vir Samoa en Australië die Iere. En more, 12:30 (Koreaanse tyd), sal ek voor die televisie wees.

36356

Gesondheid!

rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195

16 Kommentaar leave one →
  1. September 16, 2011 11:03 nm

    Mag jou voorspelling tog hierdie keer verkeerd wees en die Bokke ‘n haas uit Divvie se hoed pluk 😈

  2. September 17, 2011 9:31 vm

    Dis min dat ek wens my eie voorspellings word nie waar nie, maar hierdie keer doen ek.

  3. September 17, 2011 7:16 nm

    En HOE het Ierland nie hulle sokkies opgetrek nie! Wow!

  4. turksvy permalink
    September 17, 2011 8:12 nm

    Die Bokke was vandag…uhm…subliem. :mrgreen:

  5. September 18, 2011 12:07 nm

    Ja, Bokke het gedoen, maar daar is ‘n ou gesegde in rugby wat dit het dat jy net so goed kan speel as wat die opponent jou toelaat om te speel…

  6. September 18, 2011 9:01 nm

    Die Bokke se telling teen Fiji lyk great, maar [ek moet byse ek ken nie Fiji se rugby nie!!] was Fiji REGTIG ‘n uitdaging vir hulle? Soos Georgia vir Engeland? Was Fiji maar nie net ‘n ‘toemaar’ game nie? Vir my is dit amper soos ek wil se: Die Bokke moes eintlik nie eers so ver gegaan het om 3 punte af te staan aan Fiji nie. ok, ek sal verder stilbly. 🙂 Ek was taamlik verras met Ierland, alhoewel ek weet hulle is die laaste paar jaar ‘n ‘force’ waarmee rekening gehou moet [begin] word. Ek het die game teen Wales gesien, en dit was nou regtig nie goed nie, ek het geen, maar geen hoop vir die Bokke vorentoe gesien/gehad nie, maar sal my negatiewiteit onder my arm vasknyp en my fingers kruis. 🙂

    • September 19, 2011 9:01 nm

      Ja, baie moeilik om spanne te peil as hulle nog nie fisies teen mekaar gespeel het nie. Soos ek reeds gese het: ek vat eerder ‘n 15-6 wen teen Australie as ‘n 49-3 wen teen Fidji….MAAR die Bokke het baie mooi gespeel en dit was lekker om te aanskou!

  7. September 19, 2011 5:27 nm

    Waar’s al die Aussie ondersteuners nou? Die Iere het goed gedoen 😉

  8. September 20, 2011 12:56 vm

    As Frankryk nou ook nog ‘n opskudding veroorsaak deur the All Blacks te klop in die eerste rondes dan gaan verskeie spanne se vooraf beplanning darem opgeneuk wees. Dis natuurlik nie ontmoontlik nie.

    • September 20, 2011 7:19 nm

      Ja, ek sien party in die media wil dit he dat Frankryk dalk die wedstryd sal “gooi” om ‘n “makliker” pad na die eindstryd te volg. Selfde geld natuurlik vir die All Blacks. Maar natuurlik moet Ierland nog teen Italie ook wen….Daar kan nog baie gebeur (terloops, die Bokke moet ook nog vir Samoa tem).

  9. September 20, 2011 2:48 vm

    Ek kry die ritteltits, gesien Frankryk is ‘daar bo’ met NZ. Hoop SA kom daar uit!

  10. ShiningFire permalink
    September 20, 2011 10:41 nm

    Boer dis weer tyd dat jy ‘n mooi storie skryf…

Lewer kommentaar op boerinballingskap Kanselleer antwoord