Slaan oor na inhoud

‘n Dag in Daegu

Augustus 27, 2008

S7300162

S7300025Daegu is die derde grootste stad in Korea, met ‘n S7300031 bevolking van ongeveer 3 miljoen inwoners. Dis die hoofstad van die Gyeongsangbuk provinsie (waar ek woon) en ongeveer ‘n uur met die bus vanaf my tuisstad, Gyeongju . Die stad is hoofsaaklik ‘n kommersiele sentrum en nie vir veel meer bekend nie as dat dit die warmste plek in Korea is. ‘n Stad is dit wel, maar ‘n mooi stad, sal ek dit nie sommer noem nie. Die stad het ook sy deel aan wolkekrabbers, maar uit die aard van die saak nie so hoog soos in Seoul of so indrukwekkend nie. Waar Seoul en Busan voorkom asof dit nog altyd ‘n stad was en niks anders nie, wil dit half voorkom asof Daegu ‘n groot dorp was wat in ‘n stad ontpop het. Maar dit het wel die kenmerke van ‘n groot Koreaanse stad, naamlik ‘n redelik getal westerlinge S7300034te siene op straat, vele westerse restaurante/koffiewinkels en natuurlik ‘n uiters effektiewe en vinnige moltreinstelsel.S7300027 Ek is ook maar bly vir die westerse invloed, want dit het my in staat gestel om ‘n groot boekwinkel te besoek en weer ‘n slag Engelse literatuur-aankope te doen. Dit is ‘n tweevlak-winkel wat deel is van die Kyobo -kettinggroep (wat oa ook ‘n reuse-winkel in Seoul het) en hou ‘n redelike seksie Engelse boeke aan. Ongelukkig is daar geen Afrikaanse boeke nie. 😉

S7300040S7300116

S7300042Hoewel nie op die oog so indrukwekkend nie, is Daegu darem nie vervelig nie…nie as jy die pad vat na Woobang Towerland in die middel van die stad nie. Hierdie is ‘n pretpark met die imposante Daegu-toring in die middel. Hierdie toring is 202m hoog, wat dit laer maak as die landmerk Seoul-toring (240m), maar hoer as die Busan-toring (120m) en die Gyeongju-toring (98m). Jy kan met kabelkaartjies opry tot waar die toring staan en op die boonste vlak van die toring tref jy ‘n duur restaurant aan wat in die rondte draai, met pragtige uitsigte van Daegu se wye S7300078 uitgestrektheid. Die toring huisves ook verskeie uitstallings en oa ‘n akwarium. Daar is verder ‘n opsie om ongeveer ‘n 100m ver te reksprong vanaf die boonste vloer van die toring…vir die avontuurlustiges wat nie genoeg adrenalien in hulle are kry van die pretritte daar doer onder op die grond nie.

S7300049S7300082

En gepraat van die pretritte: Daar is ‘n hele paar woeste ritte in die park wat mens behoorlik sober maak, maar steeds nie die ekstreme genot vir my gebied het wat ek op die Phaeton in Gyeongju World ervaar het nie. Maar sleg, was dit beslis nie! Dit het die lewe behoorlik weer in my are laat bruis en my sommer lig laat voel (behalwe vir die feit dat ek my geliefde Raybans op een van hierdie kop-oor-gat ritte verloor het). Daar is ook ‘n paar ander masjiene wat ek vermy het aangesien ek nie kans gesien het om siek te raak nie. Soos, ek voorheen gese het, is ek lief vir spoed, maar nie vir die blote sinnelose rondgooi van binnegoed nie…

S7300091S7300096

Towerland is baie mooi uitgele, met pragtige watervalle, blombeddings en paadjies wat mens kan stap. Jy voel kompleet asof jy iewers ver in ‘n park rondstap. In die aand word alles pragtig verlig en dit skep ‘n baie romantiese gevoel.

S7300086S7300148S7300113S7300138

Sentraal in die park is daar ook ‘n verhoog wat verskeie optredes aanbied en deelname deur besoekers aanmoedig. Tydens my besoek was daar ‘n hula-hoop kompetisie vir die kinders en hulle het die beste daarvan gemaak. Ongelukkig het ek die bierdrink-kompetisie en waatlemoen-eet kompetisie gemis, want dit was laat en ek moes nog die bus terug huis toe haal. Maar ek sal terug wees in Daegu – net om so effe verder te verken en te kyk of daar nie tog meer aan die stad is as net ‘n groot boekwinkel, ‘n toring en ‘n lekker pretpark nie…

S7300132S7300150

 

15 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 27, 2008 1:00 vm

    Lekker man! Nog ‘n plek waar ek kan afspring!!! Bungeeeeee! Hoe lykit, kom jy saam Boerie of is jy chicken? 😆

  2. Augustus 27, 2008 1:42 vm

    Ja boer so wanne spring jy bietjie, jy se dan juis jy het bietjie adrenalien ervaar op die ritte, hoekom dan nie die reksprong nie. Dit definitief jou n wake up call gee van n ander aard. Weereens n fantasiese blog inskruiwing. Ek hou van die foto’s veral van die “action” “shot” foto. 🙂 🙂

  3. Augustus 28, 2008 3:24 vm

    Mmmm ek sal graag hierdie romantiese gevoel van Towerland in die nag wil beleef. Pragtige foto’s Bib! 🙂

  4. reisiger permalink
    Augustus 28, 2008 5:47 vm

    Bib jy sal maak dat ek nog Korea besoek nét vir die lekker pretparke! Dit lyk pragtig verlig so in die aand en ek kan my net indink hoe lekker dit moet wees om daar rond te drentel! Baie nice inskrywing!! Thanx!

  5. Paula permalink
    Augustus 29, 2008 1:55 vm

    Jammer van die afrikaanse boeke nê 🙂

  6. Zee permalink
    Augustus 29, 2008 4:36 nm

    BiB, as jy kans kry!
    http://zee3.wordpress.com/2008/08/29/zee-se-blog-toekennings/

  7. Augustus 29, 2008 4:54 nm

    Hierdie is baie beter as DSTV se Travel kanaal! Lyk na ‘n mooi stad … en groot!

  8. reisiger permalink
    Augustus 29, 2008 6:35 nm

    Daar’s ‘n ietsie vir jou op my blog ook Bib!

  9. Augustus 29, 2008 10:41 nm

    Ek dink die Koreane se reksprong-toue is vir die klein Koreane ontwikkel en nie geskik om hierdie groot, logge lyf van my te hou nie… 🙂

    Dankie, Zee en reisiger – ek waardeer julle ondersteuning!

  10. Augustus 30, 2008 1:00 vm

    Excellent photos. Ek het geloer na van jou ander reise in Korea en ‘n mens moet darem se die Ooste het sy eie bekooring.

  11. Augustus 31, 2008 7:21 nm

    Thanx, Bluegrass! Die Ooste het inderdaad sy bekoringe. Ek was nie voorheen regtig geintresseerd in die Ooste nie, maar meerendeels omdat my kennis so beperk was. Nou het die gogga my gebyt!

  12. September 3, 2008 6:22 nm

    Sjoe! ek het weer baie uitgemis in die laaste week! pragtige foto’s! kan net dink hoe siek ek sou wees op al daardie masjiene! ek bly maar liewer weg…spring eerder uit ‘n vliegtuig..lol!

Trackbacks

  1. Op Kelderbesoek in Korea « Boer in Ballingskap
  2. Godskuns in Gayasan « Boer in Ballingskap
  3. ‘n Winterwegbreek by die see « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar