Slaan oor na inhoud

Ek het laasnag gedroom…

Mei 25, 2012

Ek het laasnag in volkleur gedroom dat ek agter die stuur sit van ‘n Ferrari F12 Berlinetta en die spogperd se slinke lyf deur die draaie gooi.

Dit was die lekkerste droom in ‘n baie lang tyd. En hierdie is nou amptelik my droommotor (by wyse van spreke).

2013-ferrari-f12-berlinetta-lead

Foto: Autoblog

F12 Ferrari Berlinetta

Enjin: 6 liter V12

Krag: 544Kw

0-100km/h: 3.1 sekondes

Topspoed: 340km/h

Prys: Wie gee om?

Hulle kan nou maar die Aston Martin Zagato hou…ek het in elk geval nooit oor die Aston Martin gedroom nie.

‘n Naweek in die berge en gepaardgaande gebeurtenisse

Mei 19, 2012

P5121157

Mense ontvlug op verskillende maniere van hulle daaglikse ondermaanse bestaan. Van dat ek kan onthou, was meerdaagse staproetes, met rugsak op die skof, vir my die beste manier van ontvlugting. Deur die jare het dit nooit verander nie. Twee dae op ‘n staproete het die effek van omtrent ‘n week se gewone vakansie.

P5121213

Saam met Seoraksan en Hallasan, is Jirisan een van Suid-Korea se prominentste berge. Jirisan is ook die area waar rondom Korea se oudste, grootste en sekerlik mees geliefde nasionale park geleë is. Die natuurpark beslaan ‘n area van byna 500 000 vierkante kilometer wat oor drie provinsiale grense strek en is in 1967 geproklameer. Hier tref mens ook Korea se tweede hoogste bergpiek aan, genaamd Cheonwangbong (1915m). Dit is in der waarheid die hoogste bergpiek op die vasteland, aangesien Suid-Korea se hoogste bergpiek, Hallasan, op Jeju eiland geleë is.

P5131349

Sedert ek my voete die eerste keer hier in Korea gesit het, praat die Koreane met agting en bewondering van Jirisan en was ek al lankal reeds bewus dat dit ‘n baie gewilde bestemming is vir plaaslike natuurliefhebbers. Maar soos soveel keer die geval is, kan mens nie ander se bewondering vir iets begryp, tot dat jy dit self ervaar het nie. Aangesien ek 2012 verklaar het as my amptelike jaar van fisies aktief wees, het ek uiteindelik besluit dat Jirisan getem moet word. En dit moes ook sommer vinnig gebeur voor die onuitstaanbare bedompige somerweer in aanvang neem. Dus het ek my rugsak gelaai, my stapstewels geveter en koers gekies berge toe om ‘n volle naweek te gaan stap. Hierdie keer nie net dagstappe, soos wat ek in Seoraksan gedoen het nie.

P5121219

Dit het my nie lank geneem nie om te besluit dat Jirisan, natuurgewys, een van die mooiste plekke is wat ek nog in Korea besoek het nie. Waar Seoraksan neig om dramaties te wees, met loodregte granietkranse, is Jirisan, met die vroegoggendmis wat in die valleie hunker, meer geheimsinnig en – durf ek dit sê – spiritueel. Die berge het as’t ware so ‘n magiese houvas op my gekry, dat dit my nou omtrent ‘n week geneem het net om weer normaal te begin funksioneer. Dis asof my siel in die berge agtergebly het en ek die afgelope week net in die vlees by die werk was. Ek het verlede Vrydagaand vertrek en eers Sondagaand laat by die huis gekom. Ek dink na die pragtige natuurskoon, vars lug en oefening, was die skielike terugruk na die gewone, geroetineerde lewe vir my ‘n erge skok op ‘n Maandagoggend.

P5121173P5121194

Jirisan is omtrent die heel eerste plek in Korea wat se ongereptheid en natuurskoon, my sterk herinner het aan staproetes in Suid-Afrika. Dit was geen pseudo-staproete nie, maar – inteendeel – ‘n behoorlike staproete oor moeilike terrein wat gevreet het aan die voete en bene. Hier moet ek net miskien byvoeg dat die vriendelike Koreane saam met wie ek gaan stap het, voor die tyd vir my ingelig het dat ons “so 13km” oor die twee dae gaan stap. Wel… daardie 13 het toe 23 geword. En dis berge, dus is gelykpadstap ‘n rare bederf.

P5131381

Die Saterdag was meestal opdraande en veral die laaste kilometer opdraande was nie ‘n grappie waarvoor ek kon lag nie. Sondag was dit meestal afdraende met die kronkelende vallei af, maar dit bied weer sy eie besondere uitdaging vir knie en kuit. Sweet is daar gesweet! Die voetpaaie is darem baie duidelik en netjies gemerk en verdwaalkans is min. Die paaie is egter meeste plekke baie klipperig en mens moet die heeltyd konsentreer presies waar jy jou voete plaas op die rotse en klippe.

P5121233P5121234

Dit is juis so toe die son begin water trek en die vliegtuig reeds oor is die Saterdag, dat ek op ‘n los rots trap en vir my ‘n gawe paar morge grond koop daar hoog in die berg. Ek het my een knie geval dat die nerwe spat en ek dink my DNS le nou nog daar tussen die klippe. Dit het omtrent gelyk of ek teen ‘n krokodil probeer skopboks het, soos die bloed geloop het. Maar dank Vader, dit was toe nie so ernstig soos dit gelyk het nie. Ek kon dus die volgende dag, hoewel met ongemak, voltooi sonder enige probleem. En uiteindelik kon ek die noodhulpstelletjie wat ek altyd so getrou saam met my dra as ek gaan stap, benut.

P5121285

Behalwe vir die asemrowende uitsigte, suiwer berglug, simfonieagtige voëlgekwetter en die kleur van verskeie spesies asaleas, was dit die primitiewe aard van die stap – iets wat mens nie sommer in Korea vind nie – wat dit so ‘n besondere ervaring gemaak het. Nou, hier kan ‘n paar lesers my dalk nie kleinkry nie, maar om uit te kom in die natuur behels vir my om ook vir ‘n kort tydjie afstand te doen van al daardie gemaksugtigheid van ons moderne, gekussingde bestaan in suburbia. Niks is vir my so verfrissend of vernuwend nie as om juis sonder fieterjasies die natuur te beleef.

P5121187P5121238

Die grootste rede vir die primitiewe aard van die stap was die bedekte seën dat ons groepie nie plek kon kry in een van die berg se oornaghutte nie, aangesien dit reeds vol bespreek was. (LW hierdie “oornaghutte” neem eintlik maar die vorm van ‘n losieshuis aan, met warm water, muntmasjiene en kafeetjie, waar ongeveer ‘n 100 mense op ‘n slag kan tuisgaan). Mens vind ook egter hier en daar mense wat hulle staptentjies op ooptes staanmaak, hoewel kampering onwettig is.

P5131317

Ons het toe dmv my Koreaanse kennis se konneksies tuis gegaan in ‘n Boeddhistiese monnik se afgesonderde tempelhuisie, diep in die berg (natuurlik het die ligging van ons oornagtuiste veel te doen gehad om ‘n paar ekstra kilometers aan ons staproete te las). Die monnik bly al vir 10 jaar stoksielalleen in die berg en leef hoofsaaklik van die plante van die veld (a-la Johannes die Doper). Verder geniet hy die natuur, mediteer en oordink die lewe. Saam met hom het ons sy verskeidenheid van vegetariese groentes en rys geniet, afgespoel met groentee. In die aand het die fyn geur van soet wierook in die lug gehang en in die stilte van die bergnag, was sy singspraak en die ritmiese tokkel van die moktak* anderwêrelds. Vir die heel eerste keer in Korea het ek ook ‘n sterrehemel gesien soos mens in die Suidland sien en kon ek selfs satelliete waarneem en konstellasies identifiseer. Ek wou eintlik baie graag buite onder die sterre slaap, maar dit was geniepsig koud in die berg en het maar die effense hitte opgesoek van die spartaans-nederige kamer waar ons kon kop neerlê.

P5121267

Die oggend vroeg, nog voor sonsopkoms, het die monnik se singspraak my weer wakker gemaak. Buite was die lug suiwer en koud en die son het stadig oor Jirisan se pieke gekruip. Die sterre het begin verdof en die bos het lewendig geraak met menige voëlgesang. Tydens die naweek het ek eintlik hard probeer om nuwe voëlspesies te identifiseer, maar met uitputtende konsentrasie op die paadjie voor jou en die ruie plantegroei, was dit maar moeilik. Hoewel ek baie meer voëls gehoor as gesien het, het ‘n Spikkelboskraai (Nucifraga caryocatactes) op ‘n stadium taamlik mooi vir die lens poseer, asook ‘n luidrugtige mees.

P5121264

P5131339

En so van die dierelewe gepraat, volgens die Koreaanse veldwagter waarmee ek gepraat het, het hulle reeds 27 Asiatiese swartbere in Jirisan hervestig, maar ons het nie een raakgeloop nie, hoewel daar ‘n redelike aantal waarskuwingsbaniere aangebring was. Soos meeste wilde diere, is die bere ook maar baie banger vir mense as andersom (en ek verstaan hoekom – as ek ‘n wilde dier was, sou ek ook die mens gevrees het).

P5121214P5131374

Die wasgeriewe by die tempelhuisie het bestaan uit ‘n pyp deur die rotse waardeur ysingwekkende koue bergwater loop en die ablusiegeriewe was die ekwivalent van ‘n regte “boere”-longdrop. Dus kon ek Adamsnakend, in die natuur, tussen die bergrotse “stort”. Die oorslaapgeriewe was baie soos ek al op staproetes in Suid-Afrika teengekom het, maar met een BAIE groot verskil. In Koreaanse natuurparke dit onwettig om vuur te maak – soos in enige vuur. Dus kan mens nie in die aand lekker om ‘n kampvuur sit en kuier nie. Dit het ek nogal meer gemis op die staproete as enigiets anders.

P5121266

Sondag het ons al met die vallei langs afgestap en ek het swempoele gesien, wat sekerlik met die bestes en mooistes kan vergelyk wat ek al in Suid-Afrika teengekom het. Dis werklik ‘n magiese vallei met die soetste en skoonste, dorslessende vars bergwater wat deur reuse klippe en rotse slinger, omraam deur die nuutgroen van die lente. Die versoeking was daar om die koue water te trotseer, maar die tyd was beperk, want ek moes nog klaar stap en ‘n bus haal terug na my tuisdorp.

P5131410

Buitendien is daar oral bordjies wat aandui dat swem verbode is…wat nogal baie hartseer is, maar ek verstaan dit ook nie mooi nie….Daar staan: “Keep nature clean” en dan “No swimming“. Nouja, mens maak mos nie water vuil as mens swem nie? Of altans nie ek nie! In elke geval, die Sondagaand was my been heel pynlik en ek was doodmoeg. Ek het soos die spreekwoordelike klip geslaap en gedroom van veelkleurige voëls, ver valleie en bere in die woud.

P5131384

Jirisan was ‘n wonderlike, vernuwende ervaring en selfs die weer was ons genadig. Of ek ‘n soortgelyke roete sal doen in die middel van die bedompige somer hier – wel, dit weet ek nie – ek dink jy kan dalk so ontwater dat daar net ‘n droë bokkom oorbly. Want, soos dit was, het ek meeste van die tyd gelyk of ek met my klere aan gestort het. Ek sal egter weer daar wil gaan stap in Jirisan, want daar is hordes roetes. Ek glo egter nie ek sal weer dieselfde ervaring he nie. Ons was baie gelukkig om te kon oorbly op ons eie by die monnik in die berge. As mens gewoonweg bespreek, is die oornaghutte jou voorland saam met 99 ander Koreaanse stappers, met warm water en ‘n gerumoer van stemme ens. Ek dink dit ontneem baie van die ervaring. Miskien moet ek maar tog ‘n tentjie aanskaf…

* Die moktak is ‘n Boeddhistiese musiekinstrument van hout waarop getokkel word om ‘n ritmiese hol klank weer te gee.

Om hond te eet

Mei 1, 2012

In Korea word daar hond geëet. So ook in Sjina, Viëtnam, Oos-Timor en sommige dele van Indonesië, Indië, die Filippyne, Ghana en Nigerië. Daar was ook gevalle waar hond geëet word in Taiwan en selfs Switserland, hoewel hondevleis vir menslike verbruik verbode is in laasgenoemde twee lande. In dele van Japan word dolfyn geëet en in baie dele van Europa is perdevleis ‘n gewilde dis. In Suid-Afrika eet ons wildsbokke, sebras, volstruise, skaapkop en soms selfs krokodil.

Bogenoemde dan my inleiding tot hierdie skrywe, om darem vir die leser ‘n perspektief te bied vir wat volg. Dis nie te sê dat ek na dese dalk ‘n paar lesers gaan verloor en moontlik selfs ‘n vriend of twee nie. Maar ek is bereid om die risiko te loop, synde dat hierdie ‘n interessante onderwerp is waaroor mense nie goed ingelig is nie.

In Korea staan die mees algemene dis van hondevleis as boshintang bekend (hondevleissop). Dit is ‘n tradisionele dis wat veral gewild is onder ouer garde en waarvoor die jonger generasie dikwels hul neuse optrek. Volgens oorlewering is hondevleis goed vir die immuniteitstelsel en veral vir manlike viriliteit. Hoewel nie naastenby so gewild of algemeen soos ander tradisionele Koreaanse eetplekke nie, word restaurante wat boshintang aanbied dwarsoor Korea aangetref – in die stede, sowel as in die platteland.

P4160638

Toe ek die eerste keer in Korea aangeland het, kon ek nie kleinkry dat Koreane hulle eie troeteldiere sal eet nie en het daar ‘n sekere barbaarsheid aan die gedagte gekleef. Gou het ek egter besef dat dit glad nie die geval is dat hulle hul eie troeteldiere eet nie; inteendeel honde is sekerlik die gewildste troeteldiere in Korea en hulle kan baie erg raak oor hulle honde. Die inheemse Jindo-ras is selfs as nasionale kultuurskat verklaar en daar is ‘n jaarlikse fees ter ere van hierdie honderas. Nee, ouma se skoothondjie is nie op die spyskaart nie! Daar is ‘n spesifieke honderas wat geteel word slegs vir eetdoeleindes en die ras se naam is Nureongi.

Die hondeboere het al telkemale petisies gerig aan die Koreaanse regering om die Nuerongi-ras as vee te verklaar, in dieselfde klas as beeste, varke en hoenders (Koreane doen nie skaap nie). Maar nog elke keer was die teenstand van dierebeskermingsverenigings en omgewingsbewustes te groot en die regering wil nie so ‘n kontroversiële stap neem nie, al is hierdie honderas – vir alle praktiese doeleindes – kleinvee. Die feit is dat die minderheid Koreane boshintang eet, maar dat die meeste Koreane die reg van die minderheid voorstaan om dit eet, hoofsaaklik omdat dit ‘n tradisionele dis is wat al honderde jare in Korea geëet word.

Nou is dit so dat as jy reeds ‘n hele klompie jare in ‘n plek woon, die nuutjie van die plek effe sy glans verloor en dat daar al hoe minder nuwe ervarings is om te beleef. Dit geld veral vir kos, want na ‘n paar jaar is daar bitter min Koreaanse geregte wat ek nog nie probeer het nie…behalwe boshintang. Vir iemand wat groot geword het met honde in en om die huis, was die idee vir my nog altyd arig en onuitlokkend. Maar ek is ‘n nuuskierige mens en sal altyd (binne perke) iets wil probeer wat ek nog nie probeer het nie.

So het dit dus gekom dat ek ‘n rukkie terug, tydens die herdenking van my geboortedag, iets spesiaals wou doen, wat ek nog nie vantevore gedoen het nie. Ek het dus by ‘n plaaslike eetplek gaan sit, boshintang bestel, saam met ‘n bottel Koreaanse vuurwater. Die aantreklike Koreaanse gasvrou (toevallig die ma van een van my skoolkinders) het grootoog gemaak en half senuweeagtig gelag. Sy het my in haar geradbraakte Engels verduidelik dat dit nou hondevleis is wat ek bestel en of ek dit weet. Nee, ek weet, het ek beduie, want dis hoekom ek daar is. Op ‘n stadium het ek gedink sy gaan dalk net op haar rug val, want op hierdie klein plattelandse plekkie is ek sekerlik die eerste (en moontlik laaste) buitelander wat kom boshingtang eet.

P4160646

As mens half ‘n hele kognitiewe moreel-etiese fort in jou gedagtes bou en dan op ‘n dag daardeur breek, is die resultate dikwels baie alledaags en gewoon. En so was dit dan ook met die boshintang. Die bykosse was die gewone keurige verskeidenheid wat saam met die hoofdis kom, en die boshintang self het dieselfde gelyk as ander soortgelyke rissiewarm Koreaanse disse wat beesvleis bevat. Op die ou-end was dit baie lekker en die vleis was heerlik sag. Die smaak is baie soos die van beesvleis, hoewel effens sappiger en met ‘n fyner tekstuur. Smaakgewys is daar egter nie veel wat boshintang onderskei van ander soortgelyke disse nie.

En watter wyn sal ek paar met hierdie dis? Om wyne met Koreaanse disse te paar, is oor die algemeen nie ‘n maklike taak nie, aangesien Koreaanse kosse baie speseryagtig is en rissie ruim gebruik word. Ek dink ‘n jong, ongehoute vrugtige rooiwyn wat nie te droog is nie, is miskien net die ding waarvoor boshintang vra. Iets soos ‘n ligte Kaapse Pinotage of ‘n Kaliforniese Zinfandel. Die spesifieke wyn wat in my gedagtes opkom is Ken Forrester se wulps-heerlike Petit Pinotage.

Sal ek dit weer eet? Wel, nee. Ek het dit een keer probeer, want ek wou. Maar dis nie lekker genoeg dat ek dit in die toekoms sal kies bo my ander Koreaanse gunstelinge nie. En buitendien sit die gedagte nie gemaklik in my kop dat ‘n mens se beste vriend in jou maag moet eindig nie. Ek dink daar is ‘n hele paar mense wat my dalk sal oordeel en vrae vra soos hoe is die honde se omstandighede op die plase en hoe word hulle doodgemaak ens. Dieselfde vrae word egter nie gevra as mens vark, hoender, bees of skaap eet nie. Jy sit nie met gedagtes van hoe die lam ter slagting gelei is nie…nee, jy lek net jou lippe af vir daardie tjoppie.

En so is die mens maar. Alle mense word as gelyk gesien, maar alle diere nie. Ons projekteer sommige gevoelens en emosie op diere en glo vas dat sommige diere meer ly as andere; meer voel as ander. Is dit so? Heel moontlik, maar moontlik ook nie…Wie sal weet?

Sommer net omdat die lente so mooi is…

April 23, 2012

compilation 1

Lente, Somer, Herfs, Winter…en Lente

April 19, 2012

Nou dat dit heerlike, baldadige lente is hier en ek so op die onderwerp van seisoene is,  is dit miskien die gepaste tyd om iets te skryf oor my gunsteling Koreaanse rolprent:  Lente, Somer, Herfs, Winter…en Lente (Bom yeoreum gaeul gyeoul geurigo bom).

Die Koreaanse rolprentbedryf staan baie sterk en ek hou baie van wat hulle vervaardig. Op enige gegewe naweek, is die meeste rolprente wat in teaters draai, Koreaans en inheemse rolprente is ook klokslag die grootste lokettreffers.

Soos sekerlik ook die geval met Europese rolprente en rolprente van ander wêrelddele, bied Koreaanse rolprente ‘n genadige afwisseling van die gemiddelde Hollywood-kitskos. Dit is asof die karakteriserings net op ‘n dieper vlak is, wyl die kinematografie heel dikwels asemrowend is. Wanneer die Koreane Hollywood probeer na-aap met grandiose spesiale effekte en aksie, is die resultaat heel dikwels nie so opwindend nie. Maar wanneer die Koreane doen wat hulle goed doen – fokus op die storie, die dialoog, die kinematografie, die aardsheid van karakters en ernstige toneelspel – word meesterstukke geskep. Die 2003 rolprent - Lente, Somer, Herfs, Winter…en Lente  - is een so ‘n meesterstuk.

Die prent is vervaardig deur die gevierde Koreaanse regisseur, Kim Ki Duk (wat toevallig self in die rolprent speel). Dit vertel die verhaal van ‘n Boeddhistiese monnik wat alleen op ‘n dam tussen die berge op ‘n drywende tempel woon. Die verhaal wentel rondom die verhouding tussen die bejaarde monnik en ‘n jong seun wat hy onder sy vlerk neem.

Die rolprent is volgens seisoene in vyf dele opgedeel en die onderliggend tema is die van val en opstaan; dood en vernuwing en die sikliese verloop van die lewe. Natuurlik is die hele sikliese tema eg Boeddhisties en dit speel baie direk op die seisoene in ‘n mens se lewe.  Die beelde in die prent is ryk aan Boeddhistiese simboliek. Hierdie simboliek, die uitnemende kinematografie en die minimale (maar treffende) dialoog sorg vir ‘n visueel meesleurende kunswerk. En in geen ander rolprent word die dramatiese verskil tussen seisoene in Korea beter uitgebeeld nie

As jy in jou leeftyd net een Koreaanse rolprent kyk, sorg dat dit hierdie meesterstuk is. Jy sal nie spyt wees nie.

Bruilof in Jinhae

April 16, 2012

Flussies nog het die winter desperaat en venynig ‘n vorm van meteorologiese terreur gevoer deur laag op laag koue te stuur om sodoende die belowende botsels op die bome te intimideer. Vir ‘n kort tydjie het dit selfs gelyk of die winter slaag in die veldtog. Maar helaas, die seisoenale kentering in die natuur is onkeerbaar. Weliswaar is die lente ‘n goeie week of twee laat, maar die lente is hier.

framef6db5e43c4881ab91c988dc309d43c7ddee45af9

Een van die eerste dinge wat die Koreane vreemdelinge met trots meedeel is dat Korea “vier seisoene” het, so asof hulle die enigste land in die wêreld is met vier seisoene. Maar algaande kry mens begrip hoekom hulle dit so trots verkondig. In die eerste plek noem hulle dit in vergelyking met die Suidoos Asië, wat in der waarheid nie vier seisoene beleef nie. In die tweede plek is die seisoene in Korea baie duidelik onderskeidbaar van mekaar.

frame5d8d0e6dceff04cfb4a7348b5e1befab719d3d2eframeff70609e3767e029285a84993076bbb00f80bb2a

Jy sal op geen stadium wonder in watter seisoen jy jou bevind nie. Hier is die natuur se kleurespel net te dramaties om die seisoene te verwar. Soos ek al vantevore opgemerk het, is herfs sekerlik my gunsteling seisoen, maar geen seisoen is so dramaties, uitbundig en ekshibisionisties as die lente nie.

frame7e4f08133530f4a55e7240685cdae271919ec3d7

In die afwesigheid van gereelde sneeu, is die winterlandskap in Korea regtig onaangenaam op die oog. Dit is ‘n eentonige vaalbruin verveling so ver as die oog kan sien, met absoluut geen snars van kleur as afwisseling nie. Saam met die voortdurende koue en in die afwesigheid van sneeu, het die winter die potensiaal om mens se gemoed ook in die grond in te boor.

frame3d010440e41586f2973c7afbe0e60cdfc983113fframe20c0d7067637db16109f29cdc89b575cc2449970

frame0179c110cda30bf806ca0925a3e445c7ddcf986a

frame572d2bba9bcef9016be79c55883646fa1bc4a9e4framecd6135b9883fe8c5958aee0984a40239f6cad951

Maar dan, op ‘n dag, is dit skielik bietjie warmer, jy begin uiteindelik weer die son se hitte effens voel en om jou begin die natuur lewe. Hier en daar sien jy ‘n skoenlapper of naaldekoker en swaeltjies swiep deur die lug. Suutjies-suutjies begin spatsels groen die vaalheid breek. Eers vou die pragtige wit magnolias oop en daarna volg ander plante en die kersiebome. En as die kersiebloeisels oopgaan, weet mens, dis nou waarlik lente.

frame065fb187feb5040425c99e4c93e2f4e47b4fcdfb

Hoewel minder bekend as Japan daarvoor, het Korea baie kersiebome. En sover mens ry of loop sien mens die witpienk bome so tussen die vaal pronk, soos die bome, amper asof in simfonie, trots die oorwinning oor die winter aankondig. Maar as mens regtig die volle visuele klanke van die kersiebloeisels wil beleef en meegevoer wil word deur die gevoel van vernuwing en verandering, is daar geen beter plek om in Korea te besoek as die suidelike hawestad van Jinhae nie. Hierdie stad is regdeur Korea bekend as die plek om te besoek gedurende die lente. Elke jaar, as die kersiebloeisels begin blom, trek die stad letterlik miljoene besoekers van Korea en ander lande. En dit is nie om dowe neute nie.

frame6ef5913d23a647b8f67a968d7de408f846881ae4frame8dcf2c2f19acf0d2ef4cee16d5397259a9626b92

frame3866491060abb5337cb9d7bf87dad875646581d4

frame2d25d480409bb9a2a04a7f81b4e40bcd8814c7f3frame11009e5731b4f6a67d434ea7001159c73d408bfe

Dit is algemene kennis dat Jinhae die grootste konsentrasie van kersiebome in Korea het. Daar word selfs beweer dat hulle die grootste konsentrasie kersiebome in die wêreld het, hoewel ek dit nie kan verifieer nie. Hoe dit ook al sy, Jinhae het baie, baie kersiebome. En as mens die stad besoek, is dit letterlik ‘n see van witpienk bloeisels – straat op straat, heuwel op heuwel, park op park. Om te se dis ‘n lus vir die oog, is ‘n eufemisme. Dit is inderdaad niks minder nie as ‘n visuele orgasme.

frame499f43946612cf3410252672b65daa98487f0a44

En op geen plek in Jinhae is dit mooier en meer dramaties as die bekende Yeogwacheon nie. Dit is ‘n stroom wat vir amper twee kilometer, weerskante beplant is met kersiebome. Langs die stroom is daar houtpaadjies en oor die stroom houtbruggies.

frame3e1cf36a631968c1cdfe77c8536c902be3008887frame10f4316997ade5dc06a45fcedea00d513db9472a

framefcd3861d4c4b25bb3af1ef8caf8d2c676b246224

frame84d4ce0fbdb18284e765684cfe0c9cb00f07dabcframe41a7b4903891bdc925142dafd8c123a362126555

Die kersiebloeisels vorm as’t ware ‘n tonnel waardeur mens stap en dit is een van daardie plekke waar mens net nie kan ophou om die kamera se knoppie te druk nie. Waar die kersieboomlanings stop, vind mens ‘n pragtige park, waar mens verder om ‘n dam kan stap om nog van die lenteprag in te drink.

framebd254b5f6a8b92eeeba857fe3b6b18a642be9115

Verder het ek eintlik nie woorde nie. Die son breek af en toe heerlik deur die wolke, ‘n ligte briesie dwarrel deur die bome en die bloeiselblaartjies waai soos konfetti oor jou en bedek die grond kompleet soos sneeu. Oral loop paartjies, families en vriende rond. Hier en daar word kos uitgepak en impromptu piekniek gehou. Kinders speel, mense lag en rumoer. Daar is inderdaad ‘n gees van vrede en vreugde.

framee9e89a024d93126e46e87be8e954e205b5a83436

Iewers is daar oorlog, iewers is daar geweld en misdaad, iewers word ‘n vuurpyl afgevuur. Maar vandag, hier in Jinhae, vier die natuur bruilof. En as die roes van die jare my denke vervaag en die verganklikheid die vlees verteer, sal ek die kersiebloeiselbruilof by Yeogwacheon in Jinhae nog helder onthou, asof soos gister…

Vrydagaand-song XXXI

April 13, 2012

Lank terug, in die middel van die somer op die strand, met braaivleisgeure in die lug en skoolmaats aan my sy…

Dear Ms Polgreen…

Maart 28, 2012

I read you article (In a Divided city, Many Blacks See Echoes of White Superiority) in the New York Times of March 22nd with great interest. Your clear lack of objectivity and superficial understanding of South African society irked me, but I decided to let your subjective report pass, as I have become accustomed to subjective reporting on South Africa from the likes of the New York Times. But on a second read of your article, I decided that the glaring myopia in your report cannot go unchallenged. By not verifying your facts and fabricating a story from hearsay, half-truths and a dollop of assumptions (was their pressure from the editor to write a story, although there wasn’t really one?), you have left yourself wide open for criticism. I quote directly from your article:

This is the only major metropolis in South Africa where black people are not the majority, and it remains deeply divided. The particularly harsh legacy of apartheid as it was carried out here has left especially deep scars that still demarcate the geography: whites in the city center and its mountainside inner suburbs, nonwhites in the distant townships on the Cape Flats. Apartheid policies effectively barred blacks from living or even working in the city, giving so-called colored, or mixed-race, people, today the city’s largest ethnic group, priority over blacks for jobs and housing.

Apart from the above quote from your article, you further state that for many black South Africans Cape Town represents “the last bastion of white rule” (can’t quite figure out if your critical opinion is aimed against whites, “so-called mixed-race people” or both). But let’s start with your emotional description of the demographic situation in Cape Town. In the first place, Ms Polgreen, you should be aware of the fact that demography in South Africa determines election results (as is the case in many of Africa’s ethnically divided societies). It is thus no surprise that the ANC (the African-dominated political party) doesn’t rule in Cape Town. It is the outcome of majority rule politics in South Africa – nothing strange or sinister about it. But apart from that, can you perhaps describe to me how the apartheid situation in Cape Town differed from those in many other South African cities? What you describe of Cape Town holds true for any other major city in SA. Thus, Cape Town is not at all so unique, as you would let your readers believe.

Forthwith, you quote President Zuma on saying that Cape Town still had an “extremely apartheid system” (implying that Africans didn’t have opportunities). In the first instance, quoting President Zuma doesn’t really add to the credibility of your report. But secondly, and more important, neither you nor Jacob Zuma is apparently aware of the real facts. May I quote from the news website, Politics Web:

On Thursday 23 February (2012) a group of employees from the Department of Correctional Services in the Western Cape will be going to the CCMA to challenge the department’s employment equity plan which has placed a prohibition on the appointment and promotion of coloured and white South Africans in the province. Almost 18 years after the establishment of our non-racial democracy, the lives of an increasing number of South Africans are once again being disrupted by racial discrimination. In terms of the new ideology of demographic representivity, the number of black, white, coloured and Indian employees in an organisation, the number of managers and the number of board members should ideally be in proportion to the percentage of the population represented by each of the race groups.

Well, it doesn’t sound if blacks are actually discriminated against, does it? To the contrary, in Cape Town, as in the rest of the country, it is the minority groups, like the Euro-Africans (whites) and Coloreds who are discriminated against. The government’s discriminatory policies of affirmative action and black economic empowerment are well-documented.

You write:

…a study completed by researchers at the University of Cape Town in December 2010 found that black residents saw few business opportunities for themselves in Cape Town, and that companies struggled to recruit and retain them. It concluded that in Western Cape, “African people are almost always less successful than white people in moving up career paths, creating an ‘ebony ceiling’ effect”.

Dear Ms Polgreen, do these Africans or you as reporter, ever stop to think why African people have few opportunities in Cape Town? You just assume it must be because of racist policies, don’t you? You never consider the possibility that the majority of Africans might not be properly qualified or skilled (as is the case in the rest of South Africa), do you? And furthermnore that those who are properly qualified are drawn towards better job opportunities in the economic powerhouse of Gauteng.

This is precisely the point where your insufficient knowledge of South African society becomes very clear. You see, in other provinces in South Africa, affirmative action policies can give opportunities to Africans, regardless of their competency or qualifications. But in Cape Town (I would want to believe) merit still plays a role. Furthermore Coloreds also benefit from affirmative action and they are in the majority and thus there are fewer opportunities for Africans. Since the dawn of the new democracy the ruling ANC has labeled Coloreds interchangeably as Africans (blacks) and Coloreds (non-Africans) as they deem it fit. When it suits them, Coloreds are not African enough, as is the case in Cape Town. Although many Colored people stood side by side with them in the struggle against apartheid, the ANC cannot accept the fact that in only one (out of nine provinces) Coloreds are in the majority and thus in a more dominant position. It is furthermore extremely unpalatable for the current regime that the majority of Coloreds in the Western Cape do not support the ANC.

You write:

The office is not the only place where blacks feel unwelcome. Many of the more exclusive Atlantic coast beaches, which used to prohibit blacks, still tend to attract almost entirely whites, reinforcing the divide. “I hate going to Camps Bay because everyone there is white”, said Yoliswa Dwane, referring to an upscale seaside suburb on the Atlantic coast that was once reserved for whites. “You don’t get the perception that this is an integrated country”.

Well, well, it seems that you are actually quoting an African racist to prove white racism. The quoted person’s comment is clearly racist. As it would be, should I state that I hate going to Soweto, because everyone there is black. Many places in South Africa are mostly black and some places may be mostly white (or Colored, or Indian…). Is there any inherent problem with that? Yes, for the racist person, like Yoliswa Dwane, there is. Should a country be so artificially engineered that all places, all walks of life and everything must be reflective of national demographics? Are there not states, counties or cities in the USA which are mostly black or mostly white? Isn’t that the natural outcome of each unique area’s history and demographic development (however skewed it might be)? If an African person doesn’t feel comfortable among Euro-Africans, it reflects very badly on that person’s own race perceptions and stereotypes.

You write:

Some report being told that there are no tables available at an empty restaurant, or no cars at a well-stocked rental car office. Others recount being warned by white neighbors not to slaughter animals for festive occasions, or being mistaken for a prostitute simply for having drinks in a bar full of white patrons.

Your sources on this statement are indeed very vague. When a journalist uses the words “some report”, you know that there is an unfortunate shortage of facts. White neighbours warning blacks not to slaughter animals in their backyard? And your point being? I don’t know what American law is regarding public health issues and the backyard slaughter of livestock, but in South Africa it is viewed as detrimental to public health and usually frowned upon (and not only by whites). Is the backyard slaughter of livestock allowed and seen as a custom in the suburbs of New York and other cities in the USA?

You write:

Osiame Molefe, a journalist, recently wrote about being turned away from a nightspot. “The third (and final) time I was turned away from Asoka, a bar and lounge in Kloof Street, a representative of the establishment wrote, ‘I can inform you that Asoka does not have a racist door policy! We will be the first to admit that our policy is based on class and superficiality — unfortunately that is what our regulars expect and want. And realistically this is the unfortunate reality of the society we live in!’”.

Ms Polgreen, I would be the first one to admit that incidents of racism unfortunately still occur in South Africa. Quite recently such incidents in health clubs in KwaZulu-Natal and Gauteng received widespread media coverage. This is certainly not a phenomenon unique to Cape Town. To tell the truth, in many other South African cities, such incidents may be more frequent than in Cape Town. Again you are using one, isolated alleged example, to insinuate that this is actually a broader trend in Cape Town.

After walloping in dated apartheid-era rhetoric, you end your piece of biased writing as follows:

But that moment was short-lived. In 1994, the colored vote in Western Cape largely went to the National Party, the architect of apartheid. And today, on the campus of the University of the Western Cape, a kind of voluntary segregation has re-emerged, with like sticking by like. “There is not a lot of mixing,” said Nokwanda Khanyile, 21, a business student from Durban. “The coloreds stick to themselves. The whites, too.” Like many young black people, Ms. Khanyile would not consider remaining in Cape Town to pursue a career in business. “Cape Town is racist,” she said. “Everybody knows that”.

So the Colored vote went to the National Party and is now going to the Democratic Alliance? Surprise, surprise: the African vote goes to the ANC! If you study and understand African politics there is no surprise here. Elections tend to divide along ethnic fault lines. So, you’re actually not making any sort of revelation. You use the example of the University of the Western Cape, where there is “like sticking by like”. So, is there an inherent problem is this? If you do see this phenomenon as a problem, I encourage you to take cognisance of the fact that this problem may be even more acute in several other South African universities outside of Cape Town. Ms Khanyile says that Cape Town is racist and “everybody knows that”, just because the different ethnic groups at the university stick together. She paints with a very broad brush indeed and use natural phenomenon of freedom of association as a tool to prove racism.

To conclude, Ms Polgreen: Had you written your report on South Africa as a whole, I would have been less offended, because South Africa still experience social problems. But by choosing Cape Town, you have tainted the possibility of objectivity. In reading your report, I cannot but suspect that you are (wittingly or unwittingly) promoting ANC propaganda about “racist” Cape Town, based on the fact that the Western Cape is the only province which they do not rule. And this is something that really bothers the ANC, as they are power hungry and don’t want to settle for anything less that total control of South Africa. The fact the Western Cape is by far the best governed province in South Africa, further adds insult to injury.

As Johannesburg Bureau Chief of the New York Times, I would expect more objective and informed reporting from you. I am also tempted to suggest that, being an African-American yourself, you may have allowed your own ethnicity to cloud your judgement. However this assumption is hard to fathom from a journalist of apparent high standing, like yourself. I hope I am wrong in this regard.

I suppose that you would probably be writing more articles in the future, but in this process, please try not to be usurped by the ANC’s narrative for South Africa. If you are not familiar with this narrative, may I enlighten you: true democracy and the absence of discrimination will only be achieved when Africans are demographically represented everywhere in all walks of live, irrespective of qualifications or competency. This type of racially profiled social engineering is on par with that of the previous apartheid governments and is sure to infect the drive towards normalised race relations in South Africa. Thus, South Africa is still far from the non-racial society which the likes of Nelson Mandela and Desmond Tutu may have envisaged. If your current president, Barack Obama, would have been a South African, he wouldn’t have stood a chance of becoming the president due to his racial profile. Enough said…

Vrydagaand-song XXX

Maart 23, 2012

 

Enige kommentaar is oorbodig…

Suid-Afrika vs Chili

Maart 21, 2012

Dit was eintlik reeds ‘n hele rukkie terug wat ek twee ernstige rooiwyne terselfdertyd ontdek het en sodoende met mekaar kon vergelyk. Om die kroon te span op my ontdekking en dit regtig interessant te maak, was albei van die wyne Cabernet Sauvignon van die 2008 oesjaar en ook in dieselfde prysklas. Die enigste verskil: Die een was van Suid-Afrika en die ander van Chili.

Nederburg Manor House Cabernet Sauvignon 2008 (WO Paarl)

P1289001Kyk die manne daar in die Paarl het geweet wat hulle doen toe hulle hierdie wyn gemaak het. Die wyn is alles wat ‘n volbloed Cabernet moet wees en nog meer. Die wyn is diep, donker rooi met ‘n effe baksteenkleur aan die rante, wat die ouderdom wil-wil begin wys. Jare terug sou dit ‘n ander situasie gewees het, maar die gemiddelde Nuwe Wêreld wyne is deesdae selde gemaak om vir langer as 5 jaar te verouder. Die neus is nie skaam nie en toon primêre geure van swartbessie, mokka en bietjie sjokolade. Met die ouderdom is daar ook reeds sekondêre geure te bespeur: ‘n bietjie speserye en gestoofde vrugte. Opsommenderwys ‘n komplekse en aangename neus wat mens uitlok om verder te verken.

Die wyn is mondvullend en ontplof in ‘n breë spektrum van geure op die tong. Pragtige, stewige middelpalaat met intense nuanses van swartbessie en ‘n effe speseryagtigheid op die nasmaak. Wonderlik in balans en ‘n amper romerige nasmaak wat in die mond bly drentel, lank nadat die wyn gesluk is. Die tanniene is aanwesig, maar is reeds sag en drinkvriendelik.

Hierdie is ‘n goeie voorbeeld van ‘n rasegte, tipiese, goedgemaakte Cabernet Sauvignon vanaf die Paarl. Dit laat jou met daardie “aaaaah!” gevoel en is elke sent werd. Koop gerus, en geniet saam met jou beste, verouderde beeshaas of lendeskyf.

Ochagavia Esperanza Gran Reserva Cabernet Sauvignon Limited Edition 2008 (WO Maipo Vallei)

Hierdie wyn se etiket toon aan dat dit spesiaal gebotteleer is ter ere vanPA227319 die 33 Chileense mynwerkers (die sogenaamde Los 33) wat in 2010 skouspelagtig gered is, na ‘n mynramp in Chili. Wel, ‘n beter wyn kon hulle skaars gemaak het ter ere van hierdie gebeurtenis.

Die kleur is selfs dieper en intenser as die van die Nederburg. Hierdie amperse inkswart aansig van die wyn, is die heel eerste aanduiding dat hierdie nie sommer ‘n alledaagse sopie is nie. Die wyn vertoon ook so bietjie minder ouderdom op die rante as die Nederburg.

Die neus van die wyn is ‘n melange van kompleksiteit. Die geure van ryp swartbessie en bosbessie is dadelik prominent en word aangevul deur nuanses van swart kersies en nuwe leer. Maar nog is dit einde niet, want verdere identifiseerbare geure is die van sjokolade, vanielje en selfs kokosneut – geure wat heel moontlik afkomstig is van die houtveroudering. Die wyn is ‘n pragtige mondvol, met intense geur, ferm tanniene, elegansie en wonderlike balans. Hierdie is ‘n pragtig afgeronde Cabernet wat jou asem wegslaan en dis baie moeilik om fout te vind met die wyn. Sonder twyfel ‘n koswyn wat nodig het om gepaar te word met gawe snitte biefstuk of beesstert.

En as ek nou uiteindelik moet kies tussen die Nederburg en die Ochagavia? Dis nie ‘n maklike besluit nie, maar op die ou-end is laasgenoemde Cabernet net daardie ietwat meer kompleks en afgerond. Die Ochagavia is ‘n sprekende voorbeeld van hoekom Chileense wyn, naas Franse wyn, die gewildste wyn in Korea is. As gereelde wynverbruiker in Korea kan ek getuig dat geen ander land se wyn op hierdie stadium beter waarde vir geld bied as juis Chileense wyn nie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 77 other followers